Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
‘Krisis in Afrikaanse onderwys groei’
Die Helpmekaar Studiefonds se topstudente saam met Helpmekaar se direksievoorsitter, dr. Ebbe Dommisse. Van links na regs is Jeremi Swanepoel, Madeleine Nienaber, Chanel Lombard, Dommisse, Elani de Beer en Cillié Louw (medaljewenner).Foto: Verskaf

“Daar is ’n groeiende krisis met onderwys in Afrikaans. Dis dalk nog nie so sigbaar in die Wes-Kaap nie, maar glo my, dis op pad.”

Só het prof. Theuns Eloff, voorsitter van die Trust vir Afrikaanse Onderwys en direkteur van die FW de Klerk-stigting, Vrydagaand op die Helpmekaar Studiefonds se jaarlikse Prestige-toekenningsgeleentheid in Stellenbosch gesê.

Die Helpmekaar Studiefonds is ’n maatskappy sonder winsbejag wat bekostigbare studiehulp aan voornemende studente bied.

Net in 2017 is 255 nuwe studielenings ter waarde van R41,7 miljoen reeds toegestaan.

Eloff was die gasspreker vir die Japie Helpmekaar-gedenklesing by dié geleentheid.

Volgens hom is die druk op Afrikaans as onderrigtaal in die Wes-Kaap minder vanweë die feit dat die meerderheid van die mense in die provinsie Afrikaans praat.

“Dis egter nie meer waar van enigiets noord van die Gariep nie. Alle Afrikaanse skole is daar onder groot druk om van Afrikaans ontslae te raak of ten minste parallelmedium te word, wat in ’n omgewing waar Afrikaans die minderheidstaal is, binne vyf jaar tot verengelsing kan lei.”

Eloff het gesê daar moet holisties gekyk word na die pyplyn van Afrikaanse onderwys – van die kleuterskool tot by die universiteit – en hoeveel van elke instelling nodig is om die volgende vlak van onderrig volhoubaar te voed.

Die Helpmekaar Studiefonds se Prestigepryse, wat jaarliks erkenning gee aan die fonds se voorste akademiese presteerders, is aan die volgende uitblinkers toegeken: Elani de Beer, Chanel Lombard, Cillié Louw, Madeleine Nienaber en Jeremi Swanepoel. Die gesogte Helpmekaar-medalje is ook toegeken aan Cillié Louw vir die uitnemende akademiese prestasie wat hy behaal het in sy BSc Hons.-studies in Fisika.

Volgens dr. Ebbe Dommisse, voorsitter van die Helpmekaar Studiefonds se direksie, voldoen dié fonds in sy 101ste bestaansjaar steeds aan sy stigtingsideaal, naamlik om hulpbehoewende studente by te staan om hulle op tersiêre vlak te bekwaam.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Afrikaans  |  Onderwys  |  Krisis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.