Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
KSUT se akademiese jaar ‘verby’
KSUT gaan gebuk onder gewelddadige betogings en dit veroorsaak probleme met die akademiese jaar.

Die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (KSUT) het aangekondig dat sy akademiese vir 2016 nie meer gered kan word nie.

“Die situasie op die kampus het so versleg dat dit onmoontlik is om aan te hou met kontak- en akademiese aktiwiteite sonder om die veiligheid van personeel en studente in die gedrang te bring,” luidens ’n verklaring deur prof. Louis Fourie, waarnemende visekanselier.

Alle departemente en modules wat gereed is, sal finale assesserings in November en Desember voltooi, maar waar aansienlike gedeeltes van modules uitstaande is, sal finale assessering eers in die tweede helfte van 2017 voltooi word.

Elke departement sal hul eie diskresie met betrekking tot die voltooiing van assesserings gebruik.

“Studente wat nie hul finale assesserings in November en Desember skryf nie, word aangeraai om vir hul eie veiligheid huis toe te gaan,” lui die verklaring.

Die universiteit het sowat twee weke gelede klasse opgeskort weens gewelddadige #FeesMustFall-betogings waartydens twee geboue aan die brand gesteek is en vyf motors Maandag by die Bellville-kampus ook aan die brand gesteek is.

Studente betoog Woensdag by die parlement.

Meer oor:  Ksut  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.