Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Kunsskool hóór van, sien g’n geld

Die Nasionale Skool vir die Kunste (NSA) het deur die media gehoor die Gautengse departement van onderwys (GDO) is van plan om hom R3 miljoen te gee om die skool uit sy geldverknorsing te help.

Leerlinge van die Nasionale Skool vir die Kunste. Die skool kry glo dié maand nog sy beloofde regeringsteun van R3 miljoen.

Die skool, wat in Braamfontein geleë is, kon dit nog nie amptelik bevestig kry nie.

Die NSA het onlangs bekend gemaak sy finansies is onder erge druk. Weens die Covid-19-pandemie kan net sowat die helfte van die ouers van die skool se 596 leerlinge nog die skoolgeld betaal. Sowat R4,5 miljoen is nodig om die NSA uit sy verknorsing te red.

Brenda Sakellarides, artistieke direkteur en hoof van geldinsameling van die NSA, sê hul skoolgeld bedra R26 400 per jaar en 150 leerlinge is daarvan kwytgeskeld.

“Dan is dit maklik om te verstaan hoe mens by R4,5 miljoen uitkom. Skoolgeld is die lewensaar van die skool en gee vir ons uitstekende addisionele onderwysers wat ons in staat stel om die uitmuntende onderrig te bied wat al 50 jaar sinoniem met ons naam is.”

‘Skoolgeld is ons lewensaar.’

Sakellarides sê die NSA gaan nié sy deure sluit nie. Afleggings is die heel laaste uitweg en sal voorafgegaan word deur salarisverminderings as dit nodig is.

Probleme met hul kontantvloei is vererger deur die vertraging in die betaling van die volle toekenning wat die skool van die GDO moes kry. Die NSA het vroeër vanjaar net sowat die helfte gekry van dit wat hy verwag het, sê Sakellarides. Die skool het intussen na sy alumni uitgereik.

Gary Natali, hoof van die NSA, wag nog vir kommunikasie van die GDO oor die R3 miljoen wat hulle gaan kry.

Steve Mabona, woordvoerder van die GDO, het aan Rapport gesê hulle het in April R1,4 miljoen aan die skool betaal en die R3 miljoen kom dié maand.

Meer oor:  Geldinsameling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.