Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Kwytskelding gevra vir #FeesMustFall-studente

Die EFF Students Command (EFFSC) vra om presidensiële kwytskelding vir diegene wat skuldig bevind is aan misdrywe wat in die destydse landwye #FeesMustFall-betogings gepleeg is.

Bonginkosi Khanyile (voor) vra dat die president kwytskelding verleen aan hom en ander wat aan misdrywe gedurende die #FeesMustFall-optogte skuldig bevind is. By hom is Philani “Gazuzu” Nduli, die EFF Students Command se woordvoerder van Durban se Universiteit van Tegnologie. Foto: Ischke de Jager

Bonginkosi Khanyile en sy ma, Phumzile Khatini, het Dinsdagoggend van Durban met ’n bus by die Uniegebou in Pretoria opgedaag om ’n versoekskrif aan pres. Cyril Ramaphosa te oorhandig.

Khanyile, ’n KwaZulu-Natalse studente-aktivis, is onlangs skuldig bevind aan openbare geweld en word in Oktober gevonnis.

Hy het gesê die president moet die studente kwytskeld van die aanklagte teen hulle wat uit die betogings spruit.

Hy is in 2016 in hegtenis geneem nadat op beeldmateriaal gesien kan word hoe hy ’n kettie gebruik om voorwerpe in die rigting van die polisie te skiet.

Twee ander wat ook aan misdrywe gedurende die betogings skuldig bevind is, dien onderskeidelik vyf jaar tronkstraf uit en is in huisarres, sê Khanyile.

Hulle is op aanklagte van openbare geweld, die besit van gevaarlike wapens, die besit van plofstowwe, aanranding met die doel om ernstig te beseer en intimidasie in hegtenis geneem.

Lede van die EFFSC het hom by die Uniegebou ondersteun en die versoekskrif onderteken. Hulle het onderneem om daar uit te kamp totdat hulle met Ramaphosa gepraat het.

Dié man wat slegs as “Professor” van die Oos-Rand bekend staan, sê hoewel hy nie ’n student is nie, ondersteun hy diegene wat ly. Foto: Ischke de Jager
Die versoekskrif wat die EFF Students Command (EFFSC) aan pres. Cyril Ramaphosa wil oorhandig. Foto: Ischke de Jager

“Die howe kan nie hierdie saak hanteer nie. Die enigste man wat dit kan hanteer, is die land se president. Ek, my ma en een van my kamerade het met ons komberse vanaf KwaZulu-Natal gekom en gaan hier uitkamp totdat hy opdaag,” sê Khanyile.

“Net hy kan ons help. Ons is onskuldige mense.”

Luidens die versoekskrif sal ’n opgeskorte vonnis as ’n waarskuwing vir Khanyile in sy benadering tot politieke aktivisme dien.

Meer oor:  Eff  |  Feesmustfall  |  Bonginkosi Khanyile  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.