Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
KYK: Besigheidstudies - langvrae bietjie moeiliker

Daar was ’n gemengde reaksie van matrieks wat Donderdag die besigheidstudies-vraestel geskryf het.

Sommige leerlinge van die Hoërskool Zwartkop in Centurion stem saam dat die vraestel billik was, maar dat die langvrae effens uitdagend was.

Bianca Nieuwoudt (18) sê die vrae is goed gestel en sy het verstaan wat die vraestel van haar vereis het.

Bianca Nieuwoudt (18)Foto: Andrea Küsel

“Die langvrae was ’n bietjie vreemd gevra en jy moes insig gebruik om dit te beantwoord.”

Sy sê vraag 4, wat handel oor besigheidsrolle, was ingewikkeld. In dié vraag moes leerlinge onder meer die voordele van diversiteit en kreatiewe denke in die werkplek beskryf.

Leerlinge moes ook maniere voorstel waarop ondernemings maatskaplike regte in die werkplek kan bevorder.

Heinrich Nienaber (18) sê dié vraestel was moeiliker as dieselfde vraestel tydens die rekordeksamen.

“Ek het met die langvrae gesukkel. Die kortvrae en afdeling A was makliker.”

Heinrich Nienaber (18)Foto: Andrea Küsel

Die langvraag waarmee Nienaber gestoei het handel onder meer oor die verskille tussen korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid (KMV) en korporatiewe maatskaplike investering (KMI). Leerlinge moes dan ook die invloed van KMV op gemeenskappe verduidelik.

Beáte Els (18) stem saam dat die vraestel moeiliker was as die rekordeksamen-vraestel, maar dat dit steeds maklik was.

“Dit was definitief doenbaar. Hulle het iets van alles gevra so jy voel nie dat jy ’n deel van die werk nie moes leer nie.”

Sy het vraag 6, wat oor ’n verskeidenheid onderwerpe handel, die meeste geniet. “Dit was lekker omdat daar vrae was oor baie van die afdelings wat ons behandel het.”

Beáte Els (18)Foto: Andrea Küsel

Bianca Smit (18) stem saam dat die vraestel billik was en dat daar ’n goeie balans tussen moeilike en maklike vrae was.

Sy stem saam dat die langvrae die uitdagendste deel van die vraestel was. “Dié vraestel was vir my op dieselfde standaard as tydens die rekordeksamen.”

Deneil Eckert (17) sê die vraestel was “heel eenvoudig.”

Sy sê vraag 3 was die moeilikste. Dié vraag handel oor besigheidsgeleenthede en leerlinge moes onder meer voorbeelde van versekerbare risiko’s noem, die regte van gewone aandeelhouers beskryf en onderskei tussen ’n private maatskappy en ’n openbare maatskappy.

Deneil het ’n taalfout in die vraestel raakgesien. By vraag 9 is daar ’n vraag waar aanvanklik HIV geskryf word, maar later in die vraag word daar oor MIV gevra.

Bianca Smit (18)Foto: Andrea Küsel

Filip van der Zel (18) sê hy was goed voorbereid op die vraestel, dus kon hy al die vrae beantwoord.

“Ek dink dit was ’n baie goeie vraestel. Dit was op dieselfde vlak as die vraestel in die rekordeksamen.”

Hy stem saam dat die langvrae moeiliker was. “Wat dit ’n bietjie makliker gemaak het is dat jy jou eie insig kon gebruik om die vrae te beantwoord.”

Die matrieks skryf Vrydag die derde Afrikaanse vraestel.

Deneil Eckert (17)Foto: Andrea Küsel
Filip van der Zel (18)Foto: Andrea Küsel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.