Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
KYK: Bloekombos-onlus - WKOD oorweeg stappe teen hoof

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) sal na verwagting tugstappe doen teen die hoof van die Bloekombos Secondary School nadat altesame duisende leerlinge twee dae lank betoog het.

Jessica Shelver, woordvoerder van die WKOD, sê die skool het “aspris” meer leerlinge ingeneem as wat hy kon.

“Nou moet dié leerlinge na ’n ander skool geskuif word om hulle te akkommodeer.”

Honderde leerlinge van die Bloekombos Secondary School het Donderdag weer in Kraaifontein betoog. Hulle is ontevrede oor hul oorvol skool. Foto: Gallo

Honderde leerlinge het sedert Woensdag betoog weens oorvol klaskamers. Eers was dit net leerlinge van Bloekombos Secondary School, maar Donderdag het nog honderde leerlinge van drie ander skole, Wallacedene Secondary School, Masibambane Secondary School en Hector Petersen Secondary School, ook aan die betogings deelgeneem.

Dié leerlinge het vreedsaam voor die skool gestaan, terwyl die polisie die situasie dopgehou het.

Die Ou Paarlpad, wat Donderdag weens die betogings gesluit was, was teen 13:00 weer vir verkeer oopgestel.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê openbare-orde-polisie is op die toneel en hou die situasie dop.

“Niemand is al in hegtenis geneem nie en die leerlinge betoog vreedsaam.”

Ouers en leerlinge van die Bloekombos Secondary School het Woensdag die skool se hekke gesluit.

’n Minibus-taxi probeer Donderdag deur die groot skare betogende leerlinge ry in Bloekombos in Kraaifontein.Foto: Gallo
Betogende leerlinge in Bloekombos in Kraaifontein. Foto: Gallo

Ntombi Goniwe, skoolhoof, sê daar is minstens 79 leerlinge in ’n klas en hulle eis dat die WKOD ’n nuwe skool bou om die druk te verlig.

“Die leerproses kom in die gedrang as daar soveel kinders in ’n klas is. Die onderwyser kan dit nie alleen behartig nie,” het die hoof volgens News24 gesê.

Goniwe sê dat sy die ouers se frustrasie verstaan omdat die skool gebou is om 1 200 leerlinge te huisves, terwyl daar 2 113 leerlinge by die skool ingeskryf is.

Shelver sê amptenare van die departement was by die skool. Dit is egter die polisie se verantwoordelikheid om te verseker niemand kry seer nie.

“Ons gaan nie toegee aan hul eise nie. Ons het op verskeie geleenthede met die skool gekommunikeer en nou staar tugstappe die hoof in die gesig,” het Shelver gesê.

Regstappe sal ook teen die leerlinge oorweeg word indien hulle nie ophou betoog en toegang vir ander leerlinge weier nie.

Shelver sê soms neem hoofde meer leerlinge in as wat hul skool kan akkommodeer omdat hul salarisse bepaal word deur hoeveel leerlinge in ’n skool is.

“Hierdie gedrag is totaal onaanvaarbaar.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.