Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
KYK: Boelie-video: My seun sukkel, sê pa

’n Video van ’n boelievoorval by die Johan Slabbert Spesiale Skool in Kroonstad, wat tans die ronde doen, is volgens die skoolhoof, Nico van Zyl, oud.

Maar die pa wat dié video, waarin sy seun geboelie word, nou weer versprei, sê hy doen dit omdat sy seun steeds sielkundige probleme het en omdat die geboelie in die koshuis nooit opgehou het nie.

Die seun en sy pa het intussen van Edenville na Tulbagh getrek en die pa sê die sielkundige hulp wat sy seun gekry het, het nie gehelp nie.

Hy meen ook boeliegedrag in die koshuis bly ’n groot probleem.

Van Zyl sê die video is twee jaar oud, maar die 16-jarige seun se pa sê die video is ’n jaar gelede in Februarie in ’n koshuiskamer geneem.

Die skoolhoof sê ook hy het gedink die kwessie is lankal opgelos en dat die seun se pa tevrede is met die skool se optrede. Die seun wat die aggressor was, is uit die koshuis geskors en het ses maande lank berading gekry.

Die kind se gedrag het baie verbeter. Hy tree nou anders op teenoor sy skoolmaats, sê Van Zyl.

“Hy is nie uit die skool geskors nie, want net die departement kan ’n kind uit ’n skool skors. Die probleem was in die koshuis.”

Hy sê die seun is ook op ander maniere deur die skool bygestaan.

“Boeliegedrag is nie net ’n probleem by een skool nie. Dit is ’n probleem in die hele samelewing,” sê hy en voeg by “mense moet onthou ’n kind wat seer het, maak ander seer”.

Meer oor:  Kroonstad  |  Boelie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.