Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
KYK: Leerling rand glo onderwyseres aan

’n Voorval waar ’n leerling glo op ’n onderwyseres vloek en haar aanrand, word deur die Wes-Kaapse departement van onderwys (WKOD) ondersoek.

Die voorval het glo verlede Vrydag by die Hoërskool Monument Park in Kraaifontein, Kaapstad, plaasgevind.

In ’n video wat wyd op sosiale media versprei is, blyk dit dat die onderwyseres deur die skoolmeisie rondgestoot word terwyl sy op haar vloek. Sy stap dan uit die klaskamer sonder dat die onderwyseres terugbaklei.

Die leerling beweer dat die onderwyseres aan haar geruk het.

Bronagh Hammond, WKOD-woordvoerder, het by navraag gesê die leerling het na bewering by die klaskamer ingestap terwyl ander leerlinge besig was om ’n toets te skryf.

“Na bewering het die opvoeder die leerling herhaaldelik gevra om die klaskamer te verlaat en die leerling het toe glo die opvoeder aangerand.”

Volgens Hammond het die skool se beheerliggaam die voorval begin ondersoek met die oog op ’n tugverhoor, maar die leerling het die skool verlaat.

Hammond sê die WKOD het reeds berading vir die skool aangebied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.