Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
KYK: Leerlinge steun onnie ná klap in klaskamer

Leerlinge van ’n skool in Nuweland in Kaapstad het Woensdagoggend tydens die saalopening betoog om hul steun te wys aan ’n onderwyseres wat op video afgeneem is toe sy ’n leerling deur die gesig geklap het. Die video is op sosiale media versprei.

Die voorval het Dinsdag in ’n klaskamer van die Sans Souci Girls’ High School gebeur.

Amptenare van die Wes-Kaap onderwysdepartement het bevestig dat hulle Woensdagoggend dié hoërskool sal besoek om die saak te ondersoek.

Die WKOD het later gesê die onderwyseres word deur tugstappe in die gesig gestaar, het News24 berig. 

Hulle het ook bevestig dat die leerlinge ook buite die gebou vreedsaam betoog het om die onderwyseres te ondersteun.

Leerlinge van die Sans Souci Girls’ High School in Nuweland soek geregtigheid vir hul onderwyseres. Foto: Verskaf

Bronagh Hammond, die departement se woordvoerder, sê in ’n verklaring die leerlinge meen dit was nie ’n rassevoorval nie.

“Die skool se beheerliggaam, wat die onderwyser aangestel het, gaan vergader om te besluit hoe sy gedissiplineer gaan word,” lui die verklaring.

Hammond sê verder hulle is baie bekommerd oor die voorval. Al is hulle bewus van die talle uitdagings wat onderwysers elke dag in die klaskamers in die gesig staar, kan die voorval nie goedgepraat word nie.

Op die video kan gesien word hoe die juffrou, terwyl sy klas gee, agterkom dat die kind, wat glo in gr. 9 is, ’n selfoon by haar het. Sy wys haar dan daarop dat sy die skool se dissiplinêre kode oortree.

Sy trap haar uit, waarna die kind sê dat die juffrou haar gevloek het – ’n bewering wat die onderwyser ontken.

In die minuut lange video beveel die juffrou die kind om die klaskamer te verlaat, maar sy weier om te loop waarna die argument kookpunt bereik.

Nadat die onderwyseres die leerling se selfoon by haar afgeneem het, spring die meisie op, stamp die juffrou en druk verby haar om die selfoon van haar lessenaar te gaan haal.

Die onderwyseres klap dan die leerling.

Meer oor:  Sans Souci Girls’ High School  |  Nuweland  |  Kaapstad  |  Onderwys  |  Selfoon  |  Klaskamer  |  Klap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.