Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
KYK: Lesufi tree in ná slanery en skoppery in badkamer

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, gaan Woensdag die Hoërskool Kempton Park aan die Oos-Rand besoek nadat ’n video wyd versprei is van een leerling wat ’n ander een aanrand.

Die video, wat in die badkamer geneem is, wys hoe ’n leerling ’n medeleerling slaan en skop voordat hy hom op die vloer neergooi.

Steve Mabona, Lesufi se woordvoerder, het bevestig die LUR gaan met die skool se bestuur en personeel vergader om die feite van die saak vas te stel.

“Hy gaan uitvind wat gebeur het en of enige stappe teen die leerling gedoen word,” sê Mabona.

Dit is nie bekend wanneer die video geneem is nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.