Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
‘Kyk na leerlinge se veiligheid,’ sê komitee

Die staande komitee oor onderwys, tegnologie, sport en kultuur in die parlement het ’n beroep gedoen op die departement van basiese onderwys, skoolhoofde en onderwysers om te verseker dat alle maatreëls ten opsigte van die veiligheid van leerlinge, veral tydens naskoolse aktiwiteite, opgeskerp moet word.

Die voorsitter van die komitee, Elleck Nchabeleng, sê leerlinge moet nie in gevaar gestel word nie.

“Opvoeders en fasiliteerders moet volle verantwoordelikheid neem en moet altyd die kinders dophou.”

Die komitee is geskok oor die onlangse tragedies en dood van leerlinge oor die land heen.

“Die komitee betuig sy medelye met die familie van die 13-jarige Enock Mpianzi, van Parktown Boys’ High wat tragies dood is op ’n gr. 8-oriënteringskamp. In nog ’n voorval het die 13-jarige Keamohetswe Shaun Seboko in sy skool se swembad in Magaliesburg verdrink,” sê Nchabeleng.

Nchabeleng sê die departement moet sy aandag vestig op die geweld wat in skole plaasvind. ’n Leerling in gr. 9 aan die John Ramsey High School in Bishop Lavis in Kaapstad is in ’n rusie by die skool met ’n voorwerp gesteek nadat hy na bewering deur vier ander seuns aangeval is. Twee van hulle was nie van die skool nie.

“Die komitee wens hom ’n vinnige herstel toe.

“Daar was soveel tragiese gevalle – en dit is net ’n week nadat die skole heropen het. Hoewel ons nie elke voorval kan noem nie, is die komitee bewus van talle tragiese voorvalle waarin leerlinge gesterf of beseer is.”

Meer oor:  Enock Mpianzi  |  Leerders  |  Parlement  |  Veiligheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.