Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
KYK: Onnie in Limpopo deel klappe uit in klaskamer

’n Video van ’n onderwyser van Limpopo wat hoërskoolleerlinge met die plathand deur die gesig en teen die kop klap, maak opslae op sosiale media.

Sam Makondo, woordvoerder van die Limpopo-onderwysdepartement, sê ’n ondersoek op hoë vlak is begin.

In die video kan gesien word hoe die onderwyser leerlinge in ’n ry voor die swartbord in ’n klaskamer laat verbyloop en elkeen klap.

Daar kan gehoor word hoe leerlinge in die klaskamer skree, terwyl sommige lag. Van die kinders draai hul gesigte weg van die onderwyser terwyl hy hulle klap.

Die onderwyser klap seuns en meisies. Een van die leerlinge het ’n video van die voorval op sy selfoon opgeneem.

Makondo sê die voorval was in die Bopedi Bapedi Secondary School in die Ngwaritsi-streek in Sekhukhune.

’n Afvaardiging van die departement van onderwys in Limpopo is Woensdag na die skool om die voorval te ondersoek. Dit is onduidelik wanneer die klappery gebeur het.

“Ons beskou die video in ’n baie ernstige lig, veral omdat lyfstraf teen die wet is en nie meer as ’n vorm van dissipline in skole gebruik mag word nie.”

Polly Boshielo, LUR vir onderwys in Limpopo, het die voorval veroordeel.

“Die oortreding van die wet teen lyfstraf is onaanvaarbaar. Lyfstraf is iets van die verlede en is al jare onwettig. Dit sal glad nie in ons skole geduld word nie,” het Boshielo gesê.

Makondo kon nie sê of die onderwyser steeds klasgee nie.

Meer oor:  Sam Makondo  |  Limpopo-Onderwysdepartement  |  Klap  |  Hoërskool  |  Skool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.