Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
KYK: Schweizer-juffrou praat: 'My naam is geskop en verder geskop'

Die geskorste onderwyseres van die Laerskool Schweizer-Reneke het Dinsdag 'n verklaring oor die rasseherrie by die skool afgelê.

Dit is wat jy nou moet weet na afloop van die nuuskonferensie van Solidariteit.

1. Solidariteit het aangekondig dat hy die week 'n dringende aansoek voor die hof gaan bring om Elana Barkhuizen se skorsing op te hef.

2. Solidariteit oorweeg ook siviele eise teen die LUR van onderwys en sportontwikkeling in Noordwes, Sello Lehari, asook die onderwysdepartement omdat hy meen dat die skorsing onwettig is. 

3. Solidariteit sê Barkhuizen was "'n lam wat op die altaar" deur 'n boendoehof geslag is. Sy het niks verkeerd gedoen nie.

4. Barkhuizen was by tye te emosioneel om uit haar verklaring voor te lees. Sy het herhaaldelik gesê: "Ek is 'n goeie onderwyser." Sy wil voortgaan met die saak om te sorg dat dit nooit weer met 'n ander onderwyser gebeur nie.

5. Solidariteit sê die realiteit is dat Tswana-kinders in Noordwes, wat nie 'n woord Afrikaans of Engels kan verstaan nie, in Afrikaanse skole geplaas word en nou moet onderwysers oplossings vind.

Lees ook:

'Geslagte lam op altaar'

Juffrou se verklaring

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.