Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
KYK: Skool in Britstown brand

’n Brand het Maandagoggend in die Hoërskool Theron in Britstown in die Noord-Kaap uitgebreek.

’n Brand het Maandagoggend in die Hoërskool Theron in Britstown uitgebreek.

Dit kom nadat die skoolkoshuis in 2016 afgebrand het en waarvan vandag net ’n murasie staan.

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die provinsiale departement van onderwys, het die brand bevestig.

“Die brand het net voor skool begin. Amptenare van die distrik en die eenheid vir infrastruktuur, asook die polisie, is op die toneel. Ek sal meer inligting verskaf sodra dit bevestig is.”

Hy kon egter nie sê of enigiemand beseer is nie.

Destyds toe die koshuis afgebrand het, het hy gesê dat brandstigting vermoed word.

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Brand  |  Koshuis  |  Skool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.