Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
KYK: Skoolhoof met stoel en al uitgesmyt

Panyaza Lesufi, Gauteng se LUR vir onderwys, het Donderdag die gewelddadige gedrag deur sommige ouers by die Laerskool Theresapark in Pretoria veroordeel nadat ’n video versprei is wat wys hoe hulle die skoolhoof met haar kantoorstoel en al by die kantoor uitdra en sy dan uit die stoel val.

Die voorval het glo Donderdag plaasgevind en die departement se distriksbestuur en ingrypingspan is onmiddellik na die skool ontbied om gemoedere te kalmeer. Die ouers is na verneem word ontevrede oor die behandeling van onderwysers en hoe die skool finansieel bestuur word.

“Ons ondersoek die aantygings wat teen die skoolhoof en die skoolbeheerliggaam gemaak word,” het Lesufi Donderdag luidens ’n verklaring gesê.

“Ons doen ’n beroep op die ouers om op te hou om op hierdie wyse op te tree, anders sal ons geen ander keuse hê nie as om drastiese stappe te doen,” het hy gewaarsku.

“Die gewelddadige en ontwrigtende gedrag van ouers is onaanvaarbaar en moet ten sterkste veroordeel word,” het Lesufi gesê.

Meer oor:  Pretoria  |  Skoolhoof  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.