Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
KYK: So by my kool, dit was jool in Potch!

Potchefstroom se strate was Saterdag weer die ene kleur en pret tydens die jaarlikse jool-vlotoptog van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus (NWU-Pukke). Bertus le Roux en Johan Zerwick was Saterdag daar om die joligheid en gebruiklike blikskud op hul kameras vas te vang.

Foto: Johan Zerwick
Foto: Bertus le Roux

Jool is een van die kampus se talle liefdadigheidsinsamelingsprojekte. Die studente oorhandig jaarliks etlike miljoene rand aan verskeie liefdadigheidsorganisasies wat onder meer met jool en ander liefdadigheidsveldtogte deur die loop van die jaar ingesamel word.

Foto: Bertus le Roux
Foto: Johan Zerwick
Foto: Bertus le Roux

Jool staan vir Jou Onbaatsugtige Offer vir Liefdadigheid.

Foto: Bertus le Roux
Foto: Bertus le Roux

Heinz Schoeman-Struwig, kommunikasievoorsitter van die kampusstudenteraad, het Sondag gesê daar was vanjaar 14 vlotte. “Die tema was onder meer om bekende persone uit te beeld, maar die oorhoofse tema was die woord magnanimous, wat dui op groothartigheid en vergewensgesindheid teenoor veral ’n teenstander of iemand wat minder mag as jy het.”

Foto: Bertus le Roux
Foto: Johan Zerwick

Volgens Schoeman-Struwig begin beplanningswerk aan die vlotte al maande voor die optog, maar die studente het eers verlede Woensdag met die bouwerk begin.

Foto: Johan Zerwick
Foto: Bertus le Roux
Foto: Bertus le Roux
Foto: Bertus le Roux

Saterdag was daar weer talle plaaslikes en mense van ander stede en dorpe wat langs Potchefstroom se strate gestaan het om die vlotte te bekyk.

Die wenvlot sal eers later aangekondig word.

Foto: Bertus le Roux
Foto: Bertus le Roux
Dié foto is Vrydagaand op die joolplaas in Potchefstroom geneem tydens ’n opvoering, terwyl studente nog druk besig was om die vlotte onder die afdakke te bou.Foto: Edohan Oosthuizen/SNAPit


Meer oor:  Studente  |  Liefdadigheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.