Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Laerskole in Gauteng jaarliks ‘getoets’

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het opdrag gekry om al die laerskole in die provinsie te assesseer en die uitslae daarvan jaarliks bekend te maak.

Die premier, David Makhura, het in sy provinsiale rede gesê hy het Lesufi reeds opdrag gegee om die nasionale geïntegreerde assesseringsraamwerk dadelik in werking te stel.

Ek wil hê daar moet meer aandag gegee word aan die versterking en bevordering van laerskoolonderrig in Gauteng.
premier, David Makhura

“Die uitslae sal openbaar gemaak word – soos wat daar met die matriekuitslae gedoen word. Hierdie grondverskuiwende inisiatief sal aanspreeklikheid en deursigtigheid wat prestasie betref, bevorder.”

Hy het ook gesê die uitslae sal ouers bemagtig sodat hulle beter besluite oor die opvoeding van hul kinders kan neem.

“Ek wil hê daar moet meer aandag gegee word aan die versterking en bevordering van laerskoolonderrig in Gauteng,” het Makhura gesê.

Lesufi moet binne ’n honderd dae ’n plan aan die provinsie se uitvoerende raad voorlê oor die status van alle laerskole, asook enige planne om die “power vertonings” van laerskole te verbeter.

Hy moet ook sê watter ingrypings hy by die skole beplan wat die swakste vaar. Hulle moet beter ondersteun word sodat “ons die getal kinders wat tussen gr. R en gr. 12 deur die stelsel verloor word, kan verminder”.

Makhura het ook gesê skoolveiligheid gaan ’n prioriteit gemaak word.

Hy het die LUR vir veiligheid, Faith Mazibuko, opdrag gegee om tien beamptes in elke skoolwyk aan te wys wat skole teen misdaad moet beskerm. – News24

Meer oor:  Panyaza Lesufi  |  David Makhura  |  Gauteng  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.