Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Leerling geskors ná bakleiery by spogskool in PE

’n Gr. 6-leerling van een van Port Elizabeth se spog-seunskole is voorlopig geskors nadat hy glo ’n medeleerling by die skool aangerand het.

Die slagoffer van die betrokke voorval by die Grey Junior School moes ’n operasie ondergaan ná die voorval, het die Oos-Kaapse onderwysdepartement gesê.

Maar die omstandighede en besonderhede rakende die voorval is nie deur Mali Mtima, woordvoerder van die departement, bekend gemaak nie.

“Dit is nog onduidelik wat gebeur het. Die ondersoek duur voort. Die saak is nog nie gefinaliseer nie en enige besonderhede wat ons nou bekend maak, kan die meriete van die saak in gevaar stel.”

Volgens Mtima word daar beweer dat die bakleiery Maandag tussen die twee gr. 6-leerlinge in skoolure uitgebreek het en dat een van hulle beseer is.

“Die voorval is by die distrikskantoor aangemeld en die een leerling is geskors, hangende die ondersoek na die voorval,” sê Mtima.

’n Tugverhoor is vir 4 November geskeduleer sodat die geskorste leerling eers sy eksamen kan voltooi.

Volgens Mtima het die departement reeds berading aan die beseerde leerling beskikbaar gestel.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Grey Junior School  |  Skorsing  |  Spogskool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.