Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Leerling glo in klas doodgesteek oor simkaart

’n Bakleiery oor die simkaart van ’n gesteelde foon het blykbaar aanleiding gegee tot ’n messtekery waarin ’n 18-jarige gr. 11-leerling in ’n klaskamer by ’n skool dood is.

Die seun van die Nathaniel Pamla Secondary School in Peddie in die Oos-Kaap is Donderdagmiddag met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar. Hy is in ’n slagaar in sy bobeen gesteek en het hom blykbaar doodgebloei.

’n 16-jarige is in verband met die voorval in hegtenis geneem, sê kapt. Khaya Tonjeni, provinsiale polisiewoordvoerder.

’n Leerling se selfoon is glo gesteel, waarna hy en ’n vriend die foon gesoek het, sê Mali Mtima, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van onderwys. Hulle het die foon blykbaar in die besit van ’n medeleerling gekry, maar later vasgestel die simkaart en die datakaart is uit die foon verwyder.

“Die twee seuns is terug na die leerling by wie hulle die selfoon vroeër gevind het.

“Dit is onduidelik wat presies gebeur het, maar na bewering het die leerling wat glo die selfoon gesteel het, ’n mes uitgehaal en die twee leerlinge daarmee gesteek,” sê Mtima.

Die voorval het in ’n klaskamer gebeur terwyl leerlinge met hersiening besig was.

Die ander slagoffer het steke ontvang en is in ’n stabiele toestand.

Die 16-jarige verdagte is onmiddellik ná die voorval geskors.

Volgens Mtima het die departement ’n interne ondersoek aangevra.

“Ná die tragiese voorval moet die moontlikheid van enige bendes of groepe, of enige ander probleem waarvan ons nog nie bewus is nie, ondersoek word.”

Die departement van onderwys het nie Vrydag die naam van die oorledene bekend gemaak nie, aangesien al sy familielede nog nie van die voorval bewus is nie.

Meer oor:  Peddie  |  Doodgesteek  |  Selfoon  |  Skoolgeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.