Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Leerling glo per ongeluk in klaskamer toegesluit

’n Tienjarige leerling van die Sydenham Primary School in Port Elizabeth is glo per ongeluk in ’n klaskamer toegesluit, en nie as ’n strafmaatreël nie.

Dit is luidens die eerste verslag van die Oos-Kaapse departement van onderwys se ondersoek oor die voorval.

Die departement het aangedui die leerling is wel Maandag toegesluit, maar dit was nie aspris of as straf nie, soos deur ’n familielid van die leerling aangevoer is nie.

Ndlovu Zidlekhaya, ’n familielid van die leerling, het Maandagaand haar skok en ontevredenheid op Facebook uitgespreek oor hoe haar niggie glo by dié skool gestraf is.

Luidens die inskrywing het ’n onderwyser die leerling met die ruil van klasse gevang dat sy in die gange praat en as straf na die skool se siekeboeg geneem en daar toegesluit het.

’n Aanbeveling oor die voorval en moontlike tugstappe sal na verwagting teen Vrydag bekend wees.

Die leerling is blykbaar eers ná 13:00 “gered” toe ’n ander onderwyser verby die geslote deur gestap en die leerling hoor huil het.

Zidlekhaya en die leerling se ma het na die skool gehaas toe hulle kort ná die “redding” ’n oproep van die onderwyser gekry het wat sê die leerling sukkel om asem te haal. Volgens Zidlekhaya het haar niggie ’n angsaanval gehad.

Nomsa Mzinzi, hoof, was nie Maandag ten tyde van die voorval by die skool nie. Sy wil nie kommentaar lewer voordat sy haar eie ondersoek afgehandel het nie.

Afgevaardigdes van die onderwysdepartement het Dinsdag die skool besoek om hul ondersoek na die voorval te begin.

Mali Mtima, woordvoerder vir die departement, sê hul voorlopige ondersoek dui daarop dat die kind in ’n klaskamer toegesluit was, en nie in die siekeboeg nie.

Volgens die verslag was die betrokke leerling in ’n klas, waar ’n waarnemende onderwyser vir ’n uur of twee ingestaan het. Ná die periode het die leerlinge die klas verlaat, maar die betrokke leerling was steeds binne die klaskamer en die waarnemende onderwyser het die klaskamer gesluit, sonder dat sy geweet het die leerling is nog binne.

Volgens Mtima sal afgevaardigdes ook met die leerling se ouers praat voordat ’n finale verslag na die departementshoof, met ’n aanbeveling, aangestuur word.

’n Aanbeveling oor die voorval en moontlike tugstappe sal na verwagting teen Vrydag bekend wees.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Klaskamer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.