Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Leerling slaan skoolhoof in gesig, breek bril

’n Vrystaatse skoolhoof is in sy kantoor deur ’n leerling aangerand.

Hy is in die gesig geslaan en sy bril is gebreek.

Roux de Waal, hoof van die Nampo Combined Agricultural School buite Bothaville, is deur ’n leerling by die skool aangerand. Foto: Facebook

Die leerling het Roux de Waal, skoolhoof van die Nampo Combined Agricultural School buite Bothaville, volgens ’n ingeligte op 26 Oktober aangerand.

Die leerling is na die kantoor ontbied omdat hy ’n detensiebrief moes kry toe dit gebeur het.

De Waal wou niks oor die voorval sê nie, maar volgens inligting gebruik die seun medisyne en het hy dit nie gebruik nie toe die aanranding plaasgevind het.

Die departement van onderwys se kantoor in Welkom sê die voorval is nie by hom aangemeld nie.

* In ’n onverwante voorval sê 'n ma van Heilbron haar seuns, wat die afgelope ses maande in die Hoërskool Heilbron is, gereeld deur boelies by die skool afgeknou word.

In die jongste voorval is haar 11-jarige seun ná ’n woordewisseling tussen hom en ’n ander seun herhaaldelik in die testikels geskop.

Die ma sê ’n verpleegkundige het haar seun ondersoek en bevestig dat hy kneusings aan die sagte weefsel opgedoen het.

Sy sê haar ander seun, wat in gr. 2 is, is voorheen so erg gewurg dat hy nie asem kon kry nie. Die ma sê dit voel vir haar asof die skool nie haar kinders se veiligheid kan waarborg nie. ’n Seun wat met ’n mes by die skool opgedaag het, het glo aan een van haar seuns gesê hy sal hom met die mes steek as hy vir iemand sê hy het ’n mes by hom.

Die adjunk-skoolhoof, David Knight, het die voorval volgens ’n werknemer van die skool hanteer en die ma gaan die departement Donderdag oor die voorvalle spreek.

Knight kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Meer oor:  Nampo Combined Agricultural School  |  Roux De Waal  |  Bothaville  |  Vrystaat  |  Slaan  |  Leerling  |  Aangerand  |  Gesig  |  Bril  |  Skoolhoof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.