Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Leerlinge 2% meer – onnies, skole minder

’n Nuwe verslag van die departement van basiese onderwys wys dat die aantal leerlinge in die skoolstelsel die afgelope twee jaar met sowat 2% toegeneem het, terwyl die aantal onderwysers met bykans dieselfde persentasie gedaal het.

Volgens die jongste School Realities-verslag het die aantal leerlinge in die skoolstelsel sedert 2014 van 12,6 miljoen tot 12,9 miljoen toegeneem. Die getal onderwysers het egter van 425 090 na 418 611 verminder. Landwyd is daar ook nou 167 minder skole as twee jaar gelede.

Die verslag wys voorts dat klasse tans uit ’n gemiddeld van 32,5 leerlinge per onderwyser bestaan. As onderwysers wat deur beheerliggame aangestel is, buite berekening gelaat word, neem dit toe tot 35,7 leerlinge per onderwyser.

In meer as 31% van skole bestaan klasse uit 36 leerlinge en meer. In 633 skole is klasse groter as 50 leerlinge.

Die verslag sluit aan by navorsing deur die Universiteit Stellenbosch (US) se eenheid oor sosio-ekonomiese beleid (Resep), wat daarop dui dat die land se universiteite en kolleges in tien jaar – van 2004 tot 2013 – slegs 92 500 nuwe gekwalifiseerde onderwysers kon oplewer.

Dít terwyl die land jaarliks tot 30 000 nuwe onderwysers in die stelsel benodig om die huidige verhouding van onderwysers tot leerlinge te handhaaf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.