Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Leerlinge eis hul veiligheid in Wes-Kaapse skole

Hoërskoolleerlinge in Kaapstad het Donderdag aangedring op bewyse wat hulle sal gerusstel dat leerlinge in Kaapse skole ten alle tye op skoolterreine veilig en beskerm is.

Lede van die onderwysdrukgroep Equal Education (EE) het Donderdag opgeruk na die Wes-Kaapse onderwysdepartement om onder andere veiliger skole te eis.

Die groep het Woensdagaand voor die parlementsgebou in Kaapstad uitgekamp om op skoolveiligheid te fokus, waarna hulle Donderdagoggend ’n optog na die kantore van Debbie Schäfer, die LUR vir onderwys in die Wes-Kaap, gehou het.

Lede van die onderwysdrugroep Equal Education (EE) betoog voor die Parlement waar hulle oornag het.Foto: Twitter
Lede van die onderwysdrugroep Equal Education (EE) oorhandig ’n memorandum aan die Wes-Kaapse onderwysdepartement.Foto: Twitter

Ntsiki Dlulani, EE-hoof in die Wes-Kaap, sê swak heinings en toilette wat nie privaat en veilig is nie, laat leerlinge kwesbaar vir veiligheidsbedreigings.

Aktiviste kla veral oor swak sanitasie en onvoldoende sekuriteit by skole en het die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, versoek om vorderingsverslae oor skoolinfrastruktuur en planne aan die publiek bekend te maak.

Dlulani sê hul protesaksie val saam met die vyfde herdenking van die Wet op Norme en Standaarde vir skole wat deur Motshekga onderteken is, alhoewel sy sedertdien nie daarin kon slaag om aan die wet te voldoen nie.

Die leerders het Donderdag ’n memorandum aan parlementêre personeel oorhandig, wat van Motshekga eis om daadwerklik op te tree om die 2020-sperdatum te haal om aan die norme en standaarde te voldoen.

Hoërskoolleerlinge eis veilige skole in die Kaap.Foto: Twitter

’n Soortgelyke memorandum is aan ’n verteenwoordiger van die Wes-Kaapse onderwysdepartement oorhandig.

Schäfer het by navraag gesê dit is onaanvaarbaar vir ’n organisasie om die leerlinge die hele nag op te hou en dan ook uit die skool te hou.

“Ons het vir hulle gesê hulle sal in November ons reaksie hê en November eindig eers Vrydag. Hulle het ’n aantal ontmoetings met my persoonlik gehad asook ons senior beamptes oor veiligheidskwessies, so die optog is suiwer om ’n houding in te neem,” het die LUR gesê.

Die groep het getwiet dat hulle die regering wil herinner aan hul verantwoordelikheid teenoor leerlinge regoor Suid-Afrika in terme van die norme en standaarde vir skoolinfrastruktuur.

'n Video van die optog is ook op Twitter geplaas.


Meer oor:  Wkod  |  Debbie Schäfer  |  Angie Motshekga  |  Kaapstad  |  Wes-Kaap  |  Veiligheid  |  Optog  |  Onderwys  |  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.