Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Leerlinge kon besigheidstudie kafdraf
Chevano Van Wyk. Foto: Lulama Zenzile

Danksy goeie voorbereiding en vorige vraestelle meen ’n groep matrikulante van die Hoërskool Andrew Rabie in Port Elizabeth dat die besigheidstudie-vraestel een van die makliker vraestelle in hul eindeksamen tot dusver was.

Matrikulante wat dié keusevak Donderdag geskryf het, het drie ure tyd gehad om ’n vraestel van 300 punte te beantwoord.

Chevano Van Wyk (17) sê hy het ’n veel moeiliker vraestel verwag, maar was aangenaam verras toe hy die laaste vraag beantwoord en besef hy het nog ’n halfuur oor van die gegewe skryftyd.

“Die juffrou het ons goed voorberei. Sy het vir ons ekstra klasse aangebied en daarsonder sou ek dalk meer gesukkel het vandag.”

Shanun Iversen. Foto: Lulama Zenzile

Shanun Iversen (18) het die vraestel as maklik beskryf en gesê sy verwag om goeie punte te behaal.

“Ek gaan sê die vraestel is maklik. Natuurlik moes jy geleer het, want hierdie is nie ’n vraestel waar jy antwoorde uit jou duim kan suig nie.

“Daar was baie vrae vandag wat in vorige vraestelle ook al gevra is. So, as jy al jou ou vraestelle uitgewerk het, sou jy lekker geskryf het,” het Iversen gesê.

Hermia Hermanus (18) sê sy sukkel gewoonlik om dié vak se toetse in die gegewe tyd te voltooi.

“Gewoonlik sukkel ek met die lang vrae, dit is tydrowend. Ek stres gewoonlik oor tyd, maar vandag was ek goed voorberei en die vraestel was veel makliker as September s’n.”

Ook Yonela Ngqeza (19) sê die styl van Donderdag se vraestel was beter in vergelyking met die September-eksamen, en het sy die vrae beter verstaan.

“Ek voel goed oor dié vraestel. Ek gaan nie heeltemal die vraestel as maklik beskryf nie, maar dit was beslis ’n regverdige vraestel wat alles bevat het wat ons deur die jaar behandel het.”

Hermia Hermanus. Foto: Lulama Zenzile
Yonela Ngqeza. Foto: Lulama Zenzile
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.