Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Leerlinge spuit glo gifstof in klaskamers

Altesaam 27 leerlinge aan die Silverstream Senior Secondary School in Manenberg is Maandag vir die inaseming van gifstowwe behandel nadat leerlinge glo ’n onbekende middel in twee klaskamers gespuit het.

Volgens Paddy Atwell, ’n woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, word die middel glo gewoonlik aan diere se seerplekke gesmeer.

“Die middel het die leerlinge naar gemaak. Drie leerlinge is na die Heideveld-hospitaal geneem en 24 ander na die Hanover Park-daghospitaal.”

Volgens Robert Daniels, woordvoerder van die EMS-nooddiens, is die leerlinge behandel vir blootstelling aan ’n plaagdoder voordat hulle na die gesondheidsentrums geneem is.

Atwell sê die leerlinge wat verantwoordelik was vir die daad is reeds geïdentifiseer. “Hulle sal voor ’n tugverhoor gedaag word.”

Meer oor:  Hospitaal  |  Leerlinge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.