Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Leerplanne moet aangepas word as SA wil ontwikkel, sê Cyril

As Suid-Afrika deel wil wees van die sogenaamde vierde nywerheidsrevolusie en ’n geskoolde ekonomie wil ontwikkel, is dit nodig dat skoolleerplanne aangepas word, sê pres. Cyril Ramaphosa.

Hy het Donderdagoggend op ’n onderwys-lekgotla oor hoe leerlinge in die toekoms met kennis en vaardighede vir ’n veranderende wêreld toegerus kan word, gesê dit is noodsaaklik as Suid-Afrika voordeel wil trek uit die geleenthede wat dié onvermydelike tegnologiese revolusie sal bied.

“As Suid-Afrika sy ontwikkelingsdoelwitte wil bereik, is dit nodig dat hy sy jong mense deur gehalteonderwys toerus wat hulle nie net op bestaande uitdagings voorberei nie, maar ook op toekomsgeleenthede,” het Ramaphosa gesê.

Hy het die lekgotla aanlyn toegespreek.

matrieks, skole, leerlinge, leerplanne
"As ons die geleenthede wil aangryp wat die vierde nywerheidsrevolusie bied, moet ons onderwysstelsel aangepas word," sê pres. Cyril Ramaphosa.

“Nie net moet ons aanpas by ’n nuwe manier van leer nie, maar ons leerplanne moet aangepas word vir die uitdagings wat die werkplek bied.

“Bykomend tot die regte inhoud, tegnologieë en ’n veilige leeromgewing, moet ons seker maak ons mense is goed onderrig in die waardes van leer en industrie,” sê Ramaphosa.

“As ons die geleenthede wil aangryp wat die vierde nywerheidsrevolusie bied, moet ons onderwysstelsel aangepas word.

“Studies wys dat die land ver agter is wat betref vaardighede in inligtingstegnologie wat van groot belang is vir die digitale revolusie.”

Die Covid-19-pandemie het die digitale gaping in die gemeenskap – en veral met die aanpassing van tegnologieë vir leer en onderwys – beklemtoon.

Dit is dus noodsaaklik dat pogings verskerp moet word om vir Suid-Afrikaners toegang tot die internet en data teen ’n billike prys te gee.

Dit kan gebeur as die staat en die private sektor saamwerk.

“Een van die sleutelgebiede waarop die (regering se) ekonomiese herbou- en herstelprogram sal fokus, is die verskerping van onderwys en vaardigheidsontwikkeling,” sê Ramaphosa.

“Ons wil nie ’n ekonomie hê waar net sommige voordeel trek uit die herstelplan nie. Dit moet tot almal se voordeel wees.”

Die president sê die hoëronderwyssektor het onlangs sy kommer uitgespreek oor die groot getal leerlinge wat vakke neem waarna daar nie ’n groot vraag in die ekonomie is nie.

Die uitdaging om dit reg te stel begin in die vroeë stadiums van ’n kind se skoolloopbaan.

Dit begin met die kies van die regte skoolvlakke en tweedens moet iets gedoen word aan die swak prestasie van leerlinge in vakgebiede soos wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde.

Die goeie nuus is dat die departement van basiese onderwys goeie vordering maak om kodering en robotika landwyd as skoolvak in te stel.

Die konsepleerplanne vir dié vakke is reeds aan Umalusi, die raad vir gehalteversekering in algemene onderwys en opleiding, voorgelê vir evaluasie.

Altesaam 200 skole landwyd van gr. R tot gr. 3 sal vanjaar aan ’n aanvoorprojek deelneem, terwyl 1 000 skole die gr. 7-leerplan op die proef sal stel.

Meer oor:  Ontwikkeling  |  Cyril Ramaphosa  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.