Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
LESERSFOTO’s: Matrieks skitter ondanks moeilike jaar

Getooi in rooi, pers, blou, pienk, geel, groen en goud het matrieks landwyd vir hul matriekafskeide aangetree om die einde van ’n moeilike matriekjaar te vier.

Die skole wat kans gesien het, het dié geleenthede aangebied op voorwaarde dat ’n beperkte getal gaste dit mag bywoon en dat die matrieks maskers moet aanhê.

Ander skole het net ’n matriekgeselligheid gehou waar ’n glasie geklink is en aandrokke en pakke aan die orde van die dag was.

“Dit het ons wildste verwagtinge oortref,” het die matrieks van die Hoër Meisieskool Bloemhof hul geselligheid beskryf wat verlede Donderdag plaas van die tradisionele matriekafskeid aangebied is.

Daar is besluit om ’n skemerkelkie te hou vir die klas van 2020, maar hulle kon nie metgeselle saambring nie.

Dit is buite in die skool se vierkant gehou en toeskouers is nie op die skoolterrein toegelaat nie. Die meisies moes ook voor die tyd aanmeld sodat hul koors gemeet en hande ontsmet kon word.

Die matrieks se aankoms op die rooi tapyt is regstreeks op YouTube uitgesaai sodat ouers en ander leerlinge die meisies in hul uitrustings kon sien.

Die hoogtepunt van die aand was ongetwyfeld toe Danie du Toit van die gewilde sanggroep Spoegwolf sy verskyning maak en die leerlinge luidkeels kon saamsing.

Die Hoërskool DF Malan in Bellville se geleentheid is ook verlede Donderdag by Eensgezind op die Klipheuwelpad gehou.

Vir Michaela Viljoen (18), ’n matriekleerling van die skool, was die geleentheid ’n droom wat bewaarheid is.

“My matriekafskeid is ’n dag waaroor ek al van laerskooldae af droom. Dit was ’n voorreg dat ons steeds met hierdie spesiale dag kon voortgaan,” sê sy.

“Ek wou definitief iets doen om hierdie jaar te onthou aangesien ek die beste daarvan gemaak het en dit nie wil vergeet nie!”

Michaela het uitgestaan by haar afskeid deur nie net ’n gewone masker te dra nie, maar eerder ’n reusestrik om haar gesig te bind om die masker weg te steek. Die lap was ’n soortgelyke kleur as haar rok en het die gesigmasker verbloem.

“Al wou baie die masker wegsteek, het ek besluit om dit ’n statement te maak,” sê Michaela, wat volgende jaar ’n student in modeontwerp gaan wees by die Elizabeth Galloway-modeskool in Stellenbosch, net soos haar ousus, Gabriela.

“Ek het opgewonde geraak toe ek hoor die datum is vasgestel, en gelukkig het ek al lank voor die tyd my eie rok ontwerp,” sê Michaela. Sy en haar suster het ’n foto van ’n soortgelyke strik gesien en besluit dat sy dit na haar afskeid moet dra.

Hoewel sy nie ’n metgesel kon saamneem nie, het sy en haar vriend, Christo Kruger, saam geposeer vir foto’s by die Zeitz MOCAA-museum in Kaapstad. Dit was ook een van haar drome om haar foto’s daar te laat neem.

• Hier is pragfoto’s van Netwerk24 se lesers of hul kinders by hul glansgeleenthede in die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng, Noordwes, Mpumalanga en Limpopo. Alle foto’s is verskaf.

Anais de Waal, Michele Theron en Hayli Joubert by die Hoër Meisieskool Bloemhof in die Wes-Kaap se geselligheid. Foto: Betti Erasmus
Marelize Lubbe en Azrea Sylvester kom by die Hoër Meisieskool Bloemhof se matriekgeselligheid aan. Foto: Stephan Meyer
Michaela Viljoen en haar metgesel, Christo Kruger, by die Hoërskool DF Malan in Kaapstad.
Nadine Kriel van die Hoërskool Charlie Hofmeyr in Ceres.
Benjamin Jordaan, Pieter Rossouw, Jurgen Eigelaar en Van Dyk Mouton van die Hoërskool Piketberg met hul maskers.
Lu-Ann Viljoen van Worcester Gimnasium.
Louw Mulder en Bronwyn Boon van die Melkbosstrand Private Skool.
Bronwyn Stassen van die Hoërskool Monument Park in Kraaifontein.
Nicole Klopper en Rowan Minaar – Hoërskool Brandwag in Benoni.
Devin-Wade du Plessis en sy metgesel, Shawnaé Freemantle – Leeuwenhof Akademie in Bedfordview, Johannesburg.
Winita Jansen van Rensburg en Vaughn van Reenen – Uplands College in Witrivier, Mpumalanga.
Janeldi de Vries en haar metgesel Ivan Scott – Hoërskool Lydenburg in Mpumalanga.
Pieter-Jan Swanepoel en Janique Brown van die Hoërskool Klerksdorp in Noordwes.
Kaylee Burness en Harold van Tonder – Hoërskool DF Malherbe in Port Elizabeth.
Nicolene Nell en haar metgesel Bradley Niekerk – Hoërskool DF Malherbe in Port Elizabeth.
Amy Barnard en haar metgesel Damian van Jaarsveld – Hoërskool DF Malherbe in Port Elizabeth.
Marioné Koekemoer en haar metgesel, Karel van Rooyen – Hoërskool Harrismith in die Vrystaat.
Bianca Esterhuizen en haar metgesel, Ruben Uys – Hoërskool Bultfontein in die Vrystaat.
Lawrence Johnson en Wilmari Muller – Hoërskool Ellisras in Limpopo.
Meer oor:  Matriekafskeid  |  Foto's
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.