Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Lesufi besoek families van 3 onderwysers wat saam sterf
Ntshosho Zwane (26)Foto: Verskaf
Nompumelelo Madlala (27)Foto: Verskaf

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het Donderdag die eerste maand van die skooljaar as ’n wipwa-rit beskryf.

Lesufi het die families besoek van die drie onderwysers van die Riverlea High School wat Sondag in Evaton in ’n ongeluk dood is.

“Ons is seer. Om drie onderwysers te verloor is nie maklik nie. Dis ongelooflik moeilik vir die sektor en die departement. Ons moet die families bystaan in dié tyd. Ons sal saam met hulle wees,” sê Lesufi.

Thulani Sibiya (33), Nompumelelo Madlala (27) en Ntshosho Zwane (26) is al drie van KwaZulu-Natal.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het Donderdag die familie besoek van die drie onderwysers wat in ’n ongeluk dood is. By hom is Ntshosho Zwane (26) se oom Eric Maseko.Foto: Verskaf

Zwane se broer, Sphamandla, sê die familie is in rou, maar hulle ondersteun mekaar. Hy sê die dood van sy broer is tragies.

Sphamandla is ook ’n onderwyser soos sy broer.

Ashley Harris, skoolhoof, sê Sibiya was langer as tien jaar by die skool en Madlala en Zwane het verlede jaar by die skool aangesluit.

Die drie onderwysers word volgende week begrawe.

* Die afgelope naweek het Lesufi die begrafnis van Keamohetswe Seboko (13) in Eldorado Park bygewoon. Keamohetswe het na bewering in sy skool se swembad verdrink.

* Dinsdag het hy ook die roudiens van Enock Mpianzi (13) bygewoon. Enock het na bewering verdrink tydens ’n oriënteringskamp van die skool.

* Laticia Jansen (14) van die Graceland Education Centre in Germiston, wat verkrag, vermoor en na bewering gebrand is, word die komende naweek in Germiston begrawe.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.