Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
KYK: Lesufi gryp in by Monnas ná skokvideo waarin vuiste klap

Die Gautengse onderwysdepartement ondersoek ’n voorval van beweerde afknouery by die Hoërskool Monument in Krugersdorp.

’n Video van dié voorval op Maandag 12 Augustus op die skoolterrein is intussen wyd op sosiale media versprei.

In dié video kan gesien word hoe een skoolseun ’n ander aan sy klere gryp.

Hy sê vir die seun: “Jy ruik soos f****n zol, kom!”

Hy ruk die seun dan nog verskeie kere aan sy klere en gooi hom twee keer op die grond.

Op die agtergrond kan gehoor word hoe ander leerlinge lag en opmerkings maak.

Panyaza Lesufi, LUR van onderwys, het intussen van dié video te hore gekom en het die skool Vrydag besoek.

“Dit is duidelik dat die voorval op die video ’n opvolg van ’n vorige voorval op 8 Augustus was.”

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, vergader Vrydag met die bestuur van die Hoërskool Monument asook die familie van die betrokke leerlinge. Foto: Verskaf

Lesufi sê in dié stadium is geen leerlinge geskors nie. Alle betrokkenes moet egter binne 48 uur skriftelik verduidelik waarom hulle nie geskors moet word nie.

Volgens Lesufi sal die departement die voorval ondersoek en ’n verslag opstel. ’n Tugverhoor sal ook gehou word.

“Daar is tans weersprekende weergawes, maar sodra ons agter die kap van die byl kom, sal teen die skuldiges opgetree word.”

Hy sê die departement sal alle partye ’n kans gee om hul kant van die saak te stel voordat teen leerlinge opgetree word.

Lesufi is ontevrede daaroor dat die skool nie die voorval by die departement aangemeld het nie.

“Dit is ’n ernstige oortreding van ons protokol.”

Die skool het Vrydag in ’n verklaring gesê sy bestuur en beheerliggaam weet van die voorval.

“Die oomblik toe die insident gebeur het, het die personeellid en matriekraadleerling aan diens dit opgebreek en dit aan ons dissiplinêre hoof, Niekie van Blerk, gerapporteer.”

Luidens die verklaring het Van Blerk die leerlinge ingeroep en die saak hanteer.

“Ek was Dinsdag reeds in kontak met albei leerlinge se ouers en die situasie is onder beheer,” sê Van Blerk in die verklaring.

Die skool wou nie Vrydag by navraag verder kommentaar lewer nie.

Lesufi sê daar is sowat 2,3 miljoen leerlinge in Gauteng en sowat 70 voorvalle word per jaar aangemeld.

“Ek probeer nie sê dat een voorval nie een te veel is nie, maar ons leerlinge is in die algemeen gedissiplineerd.”

Meer oor:  Monnas  |  Panyaza Le­Sufi  |  Boelie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.