Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Lesufi ontsteld omdat Ennerdale-skool sy deure sluit

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, is ontsteld omdat die skoolbeheerliggaam van die Oakdale Secondary School in Ennerdale besluit het om die skool te sluit te midde van versoeke vir dringende herstelwerk.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng. Foto: Gallo Images

“Ons veroordeel die wyse waarop die skool gesluit is omdat dit ’n negatiewe impak het op die leerlinge wat moet skoolgaan,” het Lesufi Maandag gesê.

Inspekteurs van die departement het verlede jaar skade wat deur ’n storm aan die skool aangerig is, ondersoek. Een van die skoolgeboue is deur ’n weerligstraal beskadig. ’n Diensverskaffer is aangestel om herstelwerk by die skool te doen.

’n Mobiele klaskamer is intussen, volgens kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder in Gauteng, aan die brand gesteek.

Ontstoke inwoners het Maandag strate in die omgewing van die skool afgesper.

Vyf mense is in verband met dié betoging in hegtenis geneem. In Maart het meer as 1 000 leerlinge van die skool tuis gebly omdat hul gevrees het dat dieselfde tragedie as wat onlangs by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark gebeur het, ook hulle sou tref. Vier leerlinge het hul lewens verloor het toe ’n betonstoep by die Hoërskool Driehoek inmekaargestort het.

Meer oor:  Panyaza Lesufi  |  Gauteng  |  Brugtragedie  |  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.