Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Lesufi: Skole nou teiken van misdadigers

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, is woedend oor misdadigers wat hul visier nou op skole in die provinsie rig.

Tot op hede is daar reeds by 18 skole ingebreek, terwyl nog drie skole beskadig is.

Lesufi sê hoewel daar ook oor vakansies by skole ingebreek word, toon die huidige syfers dat misdadigers hul nou juis op skole toespits “omdat hulle sagte teikens is”.

“Misdadigers is beslis besig om voordeel te trek uit die 21 dae van inperking deur skole te besteel en te vernietig,” het Lesufi Dinsdag in ’n verklaring gesê.

Volgens Lesufi word daar nie soveel skole gedurende die vakansies geteiken nie.

Tydens die inbrake is waardevolle toerusting en kruideniersware gesteel.

“Dit sal 'n negatiewe impak op die skole hê wanneer leerlinge weer vir klasse terugkeer,” sê Lesufi.

Die skole wat vermoedelik kwaadwillig aan die brand gesteek is, is die Phuthanang Primary School, Amogelang Secondary School en Lethabong Secondary School in Soshanguve, Pretoria.

Lesufi het ’n beroep op die polisie gedoen om meer gereeld by skole te patrolleer. Hy raai ook skole aan om met hul beheerraad te vergader en veiligheidsmaatreëls op te skerp.

“Ons kan nie toelaat dat sulke barbaarse gedrag die toekoms van ons kinders in die wiele ry nie”.


Die 18 skole waarby daar ingebreek is sedert die inperking in werking getree het, sluit die onderstaande skole in die volgende gebiede in:

Evaton

1. Mofolo Primary School in Evaton;

2. Tsokodibane Primary School;

3. Beverly High School in Evaton;

Sebokeng

4. Dinokaneng Secondary School;

5. Katleho-Impumelelo Secondary School;

6. Beverly Hills Secondary School;

Soshanguve

7. Phuthanang Primary School;

8. Makhosini Secondary School;

Soweto

9. Nonto Primary School;

10. Isipho Primary School;

Lotus Gardens

11. Lotus Gardens Secondary School;

Bophelong

12. Ikokobetse Primary School;

Mabopane

13. Atlehang Primary School;

Tsakane

14. Pholosho Primary School;

Etwatwa

15. Caiphus Nyoka Secondary School;

Kwa-Thema

16. Tlakula Secondary School;

Tembisa

17. Tembisa Secondary School; en

Germiston

18 Leondale Secondary School.

Meer oor:  Panyaza Lesufi  |  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.