Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Lesufi stel nuwe aanlyn platform vir leer bekend

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, stel Vrydag ’n aanlyn platform bekend vir leer en assessering in skole

Panyaza Lesufi. Foto: Elizabeth Sejake

Die bekendstelling is by die Soshanguve East Secondary School noord van Pretoria.

Die platform steun die onderrig- en leerproses en gaan die manier hoe leerlinge leer en skole funksioneer, verander, sê Lesufi in ’n mediaverklaring. Die skuif na toenemende digitale en tegnologiese klaskamers skep nuwe geleenthede, sê hy.

“Weg sal die dae wees van leerlinge wat notas neem wanneer ’n onderwyser ’n les aanbied.

“Stel jou voor dat ouers hul eie toetse en eksamens vir hul kinders opstel, en die stelsel merk dit onmiddellik, en verder gee die stelsel redes waarom die leerling se antwoorde verkeerd is.

“Verbeel jou ’n wêreld waar alle ouers kan aanmeld wanneer hulle hul kinders met tuiswerk help? ’n Wêreld waar onderwysers se lesse vryelik beskikbaar is. Jy hoef jou nie meer te verbeel nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.