Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Lesufi ‘tree binne 48 uur teen Parktown Boys op’

Hy gaan “binne die volgende 48 uur” optree teen die Parktown Boys’ High School in Johannesburg, sê Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys.

Lesufi het Woensdagoggend in ’n onderhoud met Eusebius McKaiser van 702 gesê in die ondersoek na Enock Mpianzi (13) se dood is daar bewyse wat hom noop om teen die skoolbestuur op te tree.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys Foto: Argief

Enock het verlede Woensdag tydens die skool se oriënteringskamp by die Nyati-oord buite Brits in Noordwes verdwyn terwyl die seuns op vlotte op die rivier was.

Sy lyk is Vrydag in die rivier by die oord gevind. Hy het vermoedelik verdrink.

Intussen is daar bewerings dat die onderwysers van die skool nie toesig gehou het tydens die aktiwiteit nie en dat die seuns sonder reddingsbaadjies in die rivier was.

’n Ma van ander leerlinge in die skool het aan Netwerk24 gesê seuns het aan haar vertel hul veiligheid word op die kampe in die gedrang gebring “om hul manlikheid te bewys”.

Steve Mabona, Lesufi se woordvoerder, het nog nie kommentaar gelewer oor Lesufi se uitlatings in die radio-onderhoud nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.