Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Limpopo wil al sy onderwysers in 2 dae inent

Limpopo beoog om binne twee dae alle onderwysers in die provinsie teen Covid-19 in te ent.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, en Stan Mathabatha, die premier, sal Vrydag die Polokwane- provinsiale hospitaal besoek om toe te sien dat die inentingsproses vlot verloop.

Daar is nie Woensdag, soos in die res van die land, in Limpopo met die inenting van onderwysers begin nie.

Polly Boshielo, LUR vir onderwys, sê 38 400 dosisse van die Johnson & Johnson-entstof is ontvang waarmee onderwysers ingeënt sal word.

Die provinsiale gesondheidsdepartement in samewerking met die departement van onderwys het besluit om Vrydag en Saterdag al die inentings toe dien.

“Ons doen dit op slegs dié twee dae om so min as moontlik ontwrigting vir onderwysers en leerlinge te veroorsaak,” sê Boshielo.

Die inentings word by 37 hospitale en klinieke gedoen wat tans gebruik word om mense van 60 jaar en ouer in te ent.

Volgens inligting van die departement van gesondheid in Limpopo sal die inentings Vrydag en Saterdag om 08:00 begin en tot 15:00 duur.

Mathabatha het ’n beroep op onderwysers in Limpopo gedoen om hulle te laat inent.

Verskeie skole in die provinsie moes die afgelope tyd vir kort tye sluit sodat dit ontsmet kon word.

Teen Donderdag is 266 nuwe Covid-19-gevalle vir die afgelope 24 uur in Limpopo aangemeld.

Sedert die begin van die pandemie in Maart verlede jaar is 2 552 mense in die provinsie aan die virussiekte dood.

Die meeste aktiewe Covid-19-gevalle (498) is in Polokwane, gevolg deur Thabazimbi (244) en Lephalale (223).

Meer oor:  Onderwysers  |  Angie Motshekga  |  Limpopo  |  Koronavirus  |  Covid-19  |  Entstof  |  Pandemie  |  Inentings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.