Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
LUR by skool in KZN waar 2 sterf in mesaanvalle

Kwazi Mshengu, LUR vir onderwys in KwaZulu-Natal, het Woensdagmiddag die Eastwood Secondary School in Pietermaritzburg besoek, nadat twee leerlinge in twee afsonderlike gevalle doodgesteek is.

Kwazi Mthethwa, Mshengu se woordvoerder, het in ’n verklaring gesê die LUR gaan ouers toespreek.

News24 berig in die jongste voorval waarin ’n leerling dood is, is vyf ander beseer en in die hospitaal opgeneem.

Methethwa het by navraag aan News24 gesê een van die leerlinge is in ’n kritieke toestand.

EWN het berig die voorval het Dinsdag gebeur.

Hy was nog nie vertroud met die presiese omstandighede van die voorval nie.

Mthethwa het by navrae aan Netwerk24 gesê hulle sal ná die vergadering verder kommentaar lewer.

Meer oor:  Pietermaritzburg  |  Kwazulu-Natal  |  Misdaad  |  Skool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.