Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
LUR pos lede van Grey-beheerraad

Die onverkwiklike rusie by Grey-kollege in Bloemfontein het nog ’n kinkel bygekry toe die LUR vir onderwys in die Vrystaat al die gekose lede van die beheerliggaam die trekpas gegee het.

Hulle weier om hul poste te ontruim en beroep hulle op ’n voorlopige bevel van die hooggeregshof in Bloemfontein vroeër vanjaar toe beslis is dat hulle aanbly, hangende die afhandeling van ’n hersieningsaansoek in dié hof.

Dié nuutste verwikkeling in die beheerliggaam se hoftwis met die onderwyshoof in die provinsie kom nadat die gekose beheerliggaamlede by die LUR vir onderwys geappelleer het teen ’n besluit van die onderwyshoof aan die einde van Februarie vanjaar om hul lidmaatskap van die beheerliggaam op te skort.

Die LUR het hul appèl nou verwerp en met die onderwyshoof, adv. Tsoarelo Malakoane, se besluit saamgestem. Hy sê in ’n brief dat die opskorting dadelik van krag is.

grey-kollege
Grey-kollege in Bloemfontein se ingang. Foto: Argief

In ’n brief vandeesweek aan die LUR wys Marius van Rensburg, van Horn en Van Rensburg-prokureurs namens die 12 beheerliggaamlede, daarop dat ingevolge ’n voorlopige bevel in die hooggeregshof op 4 Maart kan Malakoane se besluit geen uitwerking hê nie, hangende die afhandeling van ’n aansoek by die hof om dié besluit te hersien en nietig te verklaar.

Hy skryf die LUR se verwerping van die appèl het geen invloed op die hofbevel van Maart nie en sy kliënte het dus ook geen voornemens om hul poste in die beheerliggaam te ontruim nie.

Die LUR behoort ’n afskrif van die hofbevel te hê omdat hy ook ’n party in die aansoek is. Anders is hy bereid om die LUR van só ’n afskrif te voorsien, skryf Van Rensburg.

Hy skryf hy het opdrag om nie verder oor dié saak korrespondensie te voer nie, omdat die hersieningsaansoek nog hangende is.

“Ons wag nog op die beantwoordende verklaring in daardie saak.”

• Intussen is die beheerliggaam ook nog in ’n ander komende hoftwis met die onderwysdepartement in die appèlhof in die stad betrokke nadat Malakoane verlede jaar die beheerliggaam van sy finansiële en verwante pligte gestroop het.

Die beheerliggaam se hersieningsaansoek teen dié besluit van die onderwyshoof in die hooggeregshof het in September verlede jaar misluk. Dit is teen dié uitspraak dat hy hom na die appèlhof wend

Meer oor:  Grey-Kollege  |  Bloemfontein  |  Regsgeding  |  Beheerliggaam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.