Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
LUR veroordeel plundering van skool in Ravensmead
Die Hoërskool Uitzig se deure is verlede week gesluit nadat ’n besluit hieroor reeds in 2018 geneem is. Foto: Melinda Stuurman, Son

Die brand Saterdag by die Hoërskool Uitzig in Ravensmead, Kaapstad, en die gepaardgaande plundering van die skool kom neer op die “blatante vernietiging van staatseiendom”.

So sê Jessica Shelver, woordvoerder van Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys. Die skool het verlede week amptelik sy deure gesluit nadat ’n besluit hieroor al in 2018 geneem is.

Shelver het Sondagmiddag gesê leerlinge en onderwysers sal die vierde kwartaal by ander skole in die omgewing, onder meer St. Andrew’s Secondary School in Elsiesrivier en die Ravensmead Sekondêre Skool, voltooi.

Lees ook: Brand by skool in Ravensmead geblus

Die besluit om die skool te sluit, is geneem weens die onveilige en vervalle toestand van die skool.

Die Hoërskool Uitzig in Ravensmead is Saterdag gevandaliseer en selfs aan die brand gesteek.Foto: Argief

Shelver sê die brand Saterdag in die administratiewe kantore van die skool het gevolg op ’n plundertog.

Volgens Shelver het die Wes-Kaapse departement van onderwys verskeie veiligheidswagte aangestel om die skool op te pas, maar hulle het gevlug toe “massas mense” die skoolgeboue bestorm.

“Die meeste van die meubels en toerusting is verlede week by die skool verwyder, maar lede van die gemeenskap het die perseel betree om wat oor was te steel en te vandaliseer.”

Mobiele klaskamers wat dié week na ander skole geneem sou word, is vernietig. Vensters, pype, deurrame en bedrading is alles uitgebreek.

“Dit is uiters ontstellend om te sien hoe ’n instelling soos dié op so ’n manier vernietig word, ongeag daarvan dat die skool gesluit word,” sê Shelver. “Dit is ’n duidelike geval van die blatante vernietiging van staatseiendom.”

* Die Kaapstadse brandweer-en-reddingsdienste het die brand Saterdag geblus, het Jermaine Carelse, die diens se woordvoerder, Saterdag aan Netwerk24 gesê.

Meer oor:  Ravensmead
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.