Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Ma mag weer dogter se netbalwedstryde bywoon

’n Ouer wat belet is om haar dogter, ’n leerder aan ’n Kaapstadse skool, se netbalwedstryde by te woon, mag nou hangend ’n tweede vergadering wel haar dogter ondersteun.

Sy is belet oor spesifieke briewe wat op sosiale media gepubliseer is.

Die vrou het Donderdag bevestig die skool het sy besluit heroorweeg en die verbod opgehef ná ’n brief van haar prokureur wat sê die brief wat die skool aan haar gestuur het, is onwettig.

Die skool het Woensdag aan haar ’n brief geskryf waarin hulle die opheffing bevestig hangende ’n tweede vergadering met die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) en die skool se beheerliggaam.

Die hoof van Sun Valley Primary School in Vishoek, Gavin Keller, het op 24 Augustus ’n brief aan ouers gestuur waarin hy sê ’n betrokke ouer is belet om haar dogter se wedstryde by te woon nadat sy glo toegelaat het dat “leuens en halwe waarhede” op sosiale media versprei word.

Die brief is dieselfde dag op Facebook gelaai. Keller het op 16 Augustus ’n brief aan die ma geskryf, waarin hy aanvoer haar gedrag is algeheel onaanvaarbaar en het haar beskryf as ’n “volwassene sonder enige selfbeheersing”.

Die ouer van die meisie het ’n e-posboodskap aan ’n buurskool in Constantia gestuur waarin sy sê die skeidsregter was “bevooroordeeld” in ’n wedstryd waarin haar dogter gespeel het. Sy skryf onder meer dat verskeie ander skole in die verlede oor die skool se afrigters gekla het.

Die meisie is vroeër verbied om ’n wedstryd te speel, glo weens haar ma se gedrag.

Die meisie is vroeër verbied om ’n wedstryd te speel, glo weens haar ma se gedrag.

Die beheerliggaam en bestuur van die skool het op 23 Augustus op ’n vergadering besluit die ma het die meeste van hul kriteria nagekom en dit sal onregverdig wees as haar dogter nie meer vir sport gekies word nie.

Die ma mag egter nie wedstryde bywoon nie totdat ’n vergadering met die WKOD gehou is.

Bronagh Hammond, ’n woordvoerder van die WKOD, het bevestig die hoof het Donderdag met die ma vergader.

Na aanleiding van die vergadering het die beheerliggaam gevra dat die ma op 25 September met hulle moet vergader om haar “optrede te bespreek”.

Die ma, onderwysers en die beheerliggaam mag dan vertoë tot die skool rig.

Volgens Hammond het die ma steeds by die sportgeleenthede opgedaag nadat die skool haar gevra het om dit nie te doen nie.

“Die beheerliggaam sal ingevolge die proses besluit watter stappe hulle teen die ma sal doen,” het Hammond gesê.

* Die ma en haar dogter se name word weerhou om die kind se identiteit te beskerm.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.