Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Ma se vasbyt vir graad inspireer

Toe Nandipha Sithilanga in gr. 10 swanger raak en geboorte gee aan ’n erg gestremde seuntjie, het dit gelyk asof geleerdheid haar nie beskore sou wees nie.

Maar drie jaar later het sy teruggegaan skool toe en nou, ná nege jaar waarin sy talle uitdagings oorkom het, is sy ’n gekwalifiseerde onderwyseres.

Al wat sy nou hoop, is dat sy gou ’n onderwyspos sal kry. En dié hoop brand hoog nadat haar werkgewer die afgelope week haar verhaal van vasbyt vir die wêreld vertel het op die Facebook-blad #ImStaying.

“Ek weet nou my familie het ’n toekoms,” het Sithilanga (33), van Durban, dié week gesê.

Haar seuntjie, Ishmael, is in 2004 gebore met serebrale verlamming en kan nie loop, sien of praat nie. “Ek kon nie dadelik teruggaan skool toe nie, want ek moes na hom kyk,” sê sy. Kort voordat sy 22 geword het, het sy besluit om terug te gaan skool toe. Haar ma het na Ishmael help kyk. Ná matriek het sy as ’n kinderoppasser en in ’n restaurant gewerk en by Unisa ingeskryf.

In haar eerste jaar het sy ’n NSFAS-beurs gehad, maar van haar tweede jaar af moes sy self betaal. Sy het intussen as huiswerker vir Claudette Ramsaran begin werk. In Mei vanjaar het sy uiteindelik haar graad gekry, met onderskeidings in wiskunde en Engels.

Ramsaran het dié week op Facebook haar storie vir die hele land vertel. Sithilanga se deursettingsvermoë, haar wil om te slaag en haar toewyding tot haar droom is ’n inspirasie, sê Ramsaran.

Terwyl Sithilanga werk soek, werk sy steeds as huiswerker en is bereid om te trek as sy ’n pos kry, sê sy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.