Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Ma vang graad ná 25 jaar in TUT se bib
Hetta Coertze spog nou met ’n BTech-graad in stemkuns. Foto: Verskaf

’n Bibliotekaresse wat al minstens 25 jaar by die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie (TUT) werk, vang binnekort saam met die studente graad.

Hetta Coertze het nie net verlede jaar tussendeur haar droomwerk heeltyds gestudeer nie, maar het kinders grootgemaak en soms as deel van die groep Voices Divine opgetree.

Die ma van drie het die vrugte gepluk toe sy haar BTech-graad in stemkuns cum laude geslaag het.

Coertze het in die 1980’s opera aan die destydse Pretoria Technikon gestudeer.

“Dit was uitdagend as ’n jong meisie van Vryburg in die Kalahari,” sê Coertze. “Ek kon nie klavier speel nie en moes vir die eerste keer sanglesse neem.”

Sy het egter deurgedruk om haar droom te bereik.

Coertze het as student by die biblioteek begin werk en dit só geniet dat sy byna drie dekades later steeds by dieselfde biblioteek werk.

“As jy daarvan hou om ander te dien, is dit die beste werk in die wêreld,” sê sy.

Sy het haar praktiese ervaring as ’n assistent in die kunsbiblioteek toegepas op haar miniskripsie, wat handel oor die belangrikheid van musikale kennis vir iemand in so ’n posisie.

Coertze sê ouderdom het niks met die prestasie te make nie – ’n mens kan enigiets doen as jy gefokus is.

Sy moes baie beplan en prioritiseer om haar graad te verwerf.

“Die biblioteek werk met ’n klokstelsel, so ek moes tyd inwerk wat ek verloor het en soms verlof neem.”

Coertze se man, Falie, ’n bestuurder by ’n broeiery, en haar drie kinders, Isabella (20), Johan (18) en Anina (15), het haar ook baie ondersteun.

“Die kinders het my baie gehelp met die tegnologie. Alles is mos nou op rekenaars; dit was nie soos toe ek destyds gestudeer het nie,” sê sy.

Sy studeer nou aan die Universiteit van Suid-Afrika vir ’n nagraadse diploma in biblioteek- en inligtingsdienste.

“Ek wil nog ’n beter bibliotekaresse word,” sê sy.

Meer oor:  Tut  |  Pretoria  |  Biblioteek  |  Graad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.