Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Makhura het groot planne vir nuwe universiteit in Ekurhuleni

David Makhura, Gautengse premier, is opgewonde oor die nuwe universiteit van wetenskap en innovering in Ekurhuleni wat pres. Cyril Ramaphosa in sy staatsrede aangekondig het.

Ekurhuleni is die enigste metropolitaanse gebied in die land sonder ’n universiteit.

Ramaphosa sê die universiteit sal jong mense in daardie metro in staat stel om opgelei te word in hoë impak en vooraanstaande tegnologiese innovering vir die huidige en toekomstige bedrywe.

Nege nuwe TVET-kollege-kampusse gaan ook vanjaar in Skerkspruit, Aliwal-Noord, Graaff Reinet en Ngungqushe in die Oos-Kaap gebou word en in Umzimkhulu, Greytown, Msinga, Nongoma en Kwagqikazi in KwaZulu-Natal.

Hy het daarop gewys dat sommige jong mense aan universiteite en TVET-kolleges ernstige uitdagings ten opsigte van verblyf het. ’n Bedrag van R64 miljard gaan oor die volgende paar jare aan studenteverblyf bestee word en ’n verdere R64 miljard in hefboomfinansiering gaan deur private beleggings bekom word.

David Makhura. Foto: Felix Dlangamandla

Makhura het ná afloop van Ramaphosa se toespraak by die parlement gesê die provinsie het met die metro van Ekurhuleni saamgewerk om voorbrand te maak vir ’n nuwe universiteit wat gaan fokus op Ekurhuleni as die nywerheidspilpunt van Afrika suid van die Sahara.

“Dit is ’n wetenskap- en innoveringsuniversiteit wat gaan fokus op gevorderde vervaardiging. Dit is nywerheid 4.0 – die vierde nywerheidsrevolusie uit ’n vervaardigingsoogpunt. Die vervaardiging van brandstofselle – dit gebeur reeds daar in Ekurhuleni. Ons het ook reeds die gevorderde vervaardiging van treine sowel as lugvaartvermoëns wat in daardie gebied plaasvind,” sê Makhura.

“Ons is opgewonde daaroor, want ons gaan jong mense oplei. Ons kweek ons eie hout – dit dra by tot die instellings van hoër onderwys in Gauteng, maar ek is ook opgewonde oor die nuwe stad wat vir Lanseria beplan word.”

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF-Plus, het oor die planne vir die nuwe universiteit en kolleges daarop gewys dat daar 100 skole te min in Gauteng is om leerlinge vanaf gr. 1 na gr. 12 te kry.

“Hoekom begin hulle nie eerder die skole bou nie? Dit is waarna hulle moet kyk. Ek sê die aankondigings is kosmeties van aard. Hulle wil daardie mense deur ’n universiteit sit, maar waar gaan hulle werk kry? Suid-Afrika se ekonomie moet groei,” sê Groenewald.

“Dit maak nie saak wat hy aankondig nie, as die ekonomie nie gaan groei nie, gaan jy nie werksgeleenthede skep nie. Ek sê ons gaan nie 1% groei kry in die volgende jaar wat voorlê nie en dit maak nie saak wat hy aankondig nie, dit gaan ’n groter krisis word. Die president is daarom wat my betref ’n flou makou. Hy maak kosmetiese aankondigings, byvoorbeeld die beleggersberaad – dit gaan die derde beleggersraad wees, maar hoeveel werksgeleenthede is geskep?”

Mkhuleko Hlengwa, IVP-woordvoerder, sê die nuwe universiteit en kolleges is noodsaaklik in die lig van die talle matrikulante wat die land elke jaar oplewer. “Universiteite het nie genoeg ruimte nie en ons behoort dit regtig uit te brei met ’n spesifieke fokus op die noodsaaklikhede van die arbeidsmark soos ons die toekoms inbeweeg,” sê Hlengwa.

“So dit moet nuwe universiteite wees wat tred hou met die toekoms, maar as hulle geskoei is op die huidige lyn van ou ontwerpe is ons besig met toutologie – hulle moet innoverend en toekomsgerig wees.”

Meer oor:  David Makhura  |  Ekurhuleni  |  Universiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.