Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Maties-bestuur se taalplan 'voorbarig'

Die konvokasie van die Universiteit van Stellenbosch (US) het Donderdagaand laat in 'n sterk bewoorde verklaring hul misnoeë met die besluit van die bestuur oor die taalbeleid uitgespreek en dit as "voorbarig" bestempel.

"Alle beleidsdokumente van die US moet deur die universiteitsraad bespreek en goedgekeur word. Die universiteitsraad maak en lê beleid neer, geen ander instansie aan die US nie.

"Die waterskeidende taalbeleidsvoorstelle wat nou deur die rektor se bestuurspan (RBS) opgestel en versprei is, is in hierdie stadium slegs voorstelle en nie beleid nie.

"Alle voorstelle van hierdie aard moet ? voorgeskrewe roete van oorlegpleging volg, wat hoegenaamd nie die geval was nie. Daarom is dit nodig om te wag tot die eersvolgende universiteitsraadsvergadering op 30 November waarop die voorstelle bespreek sal word.

"Indien die konsepvoorstelle deur die universiteitsraad goedgekeur sou word, sal dit ? keerpunt wees in die geskiedenis van Afrikaans, en nie net insoverre dit ? onderrigtaal aan die US is nie.

"Daar rus ? swaar onus op die universiteitsraad wanneer die voorstelle bespreek en 'n besluit daaroor geneem word. Daarom is dit voorbarig dat die "verklaring" van die bestuur - wat, strydig met die bestaande en steeds geldende taalbeleid en -plan, slegs eentalig in Engels versprei is - kan verklaar dat die besluit van Januarie 2016 van krag sal wees."

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.