Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
‘Matriekpunte wys onderwys vir swart mense is nie op peil’
Foto: Lindile Mbontsi

In die 20 jaar van demokrasie is nog nie naastenby genoeg gedoen om onderrig van hoë gehalte aan swart mense te verskaf nie, sê dr. Frans Cronjé, bestuurshoof van die Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV).

Bevindings van ’n peiling wat die SAIRV gedoen is, wys daar is diepgewortelde ras- en maatskaplike ongelykhede in matriekuitslae, sê die instituut in ’n verklaring.

Uit inligting wat verkry is van die departement van basiese onderwys blyk dit 83% van wit matrikulante het in die 2014-matriekeksamen 40% of meer vir wiskunde gekry. Net 28,5% van swart matrieks het dit reggekry.

Byna 70% kinders van Indiese afkoms het 40% of meer vir wiskunde gekry, teenoor net meer as 46% bruin matrieks.

Van al die 2014-matrieks het net 35% meer as 40% vir wiskunde gekry.

Volgens Cronjé wys die data wat hulle ingesamel het ook daar is ’n sterk verband tussen lewenspeil en skoolprestasie.

In die armste skole kon net sowat 6% van matrieks 60% of meer vir wiskunde kry. In die welvarendste skole kon 23% van matrieks dit regkry.

Cronjé sê die gehalte van wiskundeonderrig in Suid-Afrika is in die algemeen laag.

“Dit is ondanks die feit dat ons ekonomie besig is om weg te beweeg van minder vaardige primêre en sekondêre nywer­hede na ’n hoogs vaardige tersiêre sektor.”

Cronjé meen die swak gehalte van wiskundeonderrig sal ekonomiese groei, werkskepping en die vergroting van die middelklas belemmer.

“Beleidmakers in Suid-Afrika moet daarteen waak dat ander Afrika-ekonomieë nie dalk mettertyd die gekose tuiste vir beleggings in gevorderde tegno­logie en vaardighede word nie.”

Volgens Cronjé het die instituut al verskeie voorstelle gedoen oor hoe om die gehalte van onderrig in Suid-Afrika te verbeter, maar beleidmakers volhard steeds met ’n model van staatsbeheerde skoling “wat misluk”.

Meer oor:  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.