Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Matrieks kán nie skooljaar verloor nie - Motshekga
Koronavirus
Die land het sowat 600 000 leerlinge in matriek. Foto: Argiewe

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, sê alles moontlik word gedoen om te verseker dat die sowat 600 000 huidige matrikulante ondanks die huidige koronavirus-krisis wel hul eindeksamen vanjaar sal kan aflê.

Ook dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, wetenskap en innovasie, sê alles moontlik word gedoen om studente wat aan tersiêre instellings studeer, te help deur onder meer sekere programme aanlyn te doen.

Die twee ministers het Saterdagmiddag in Pretoria tydens 'n  mediakonferense van die regering gepraat oor die Covid-19-pandemie en die impak op die akademiese jaar in Suid-Afrika. 

“Ons kan dit nie bekostig om op te gee oor die huidige skooljaar vir veral matrikulante nie,” sê Motshekga,“Ons doen tans alles moontlik om die jaar te verdedig en te beskerm. Die matrikulante sal gereed wees. Ons sal seker maak hulle skryf hul eindeksamens"

Dit sou hierdie week die herfsvakansie wees en skole sou Dinsdag heropen het, nou sit kinders tuis.

“Ons het egter tans lang onderrigpakette en -programme vir sulke leerlinge op ons webtuiste geplaas. Ons is bewus van beperkings omdat nie alle kinders in staat sal wees om die lesse op televisie en aanlyn te kan volg nie. Ons gebruik egter daardie pakette om solank voort te kan gaan."

koronavirus
Foto ter illustrasie: Die regering werk aan 'n opvangsprogram om die skooljaar te red.

Motshekga sê die ideaal is om kinders in klasse te hê vir onderrig. Daarom werk haar departement aan 'n herstelprogram. "Ons bly gedurig in kontak met provinsies oor die materiaal wat ons ontwikkel. Ons is besig om materiaal vir Graad 12 te verskerp. As ons moet, sal ons ook die kurrikulum moet herorganiseer. Ons sal selfs daarna kyk om skoolure te verleng as dit nodig sou wees."

“Ons sal alles moontlik doen, maar binne die riglyne wat daar vir die beperking van die virus gestel is. Ons sal die jaar verdedig omdat ons dit nie kan bekostig om die jaar te verloor nie. “Daar is meer as 600 000 matrikulante en ons kan nie bekostig dat hulle die jaar verloor nie. Ons hele skoolprogram sal moet aanbeweeg,” het Motshekga gesê.

Nzimande het op sy beurt gesê studente wat in die laaste ruk uit China na die land teruggekeer het, is in kwarantyn geplaas. Hy sê die groep wat twee weke gelede deur die regering uit Wuhan na Polokwane in Limpopo gebring is, se kwarantyn-tydperk is verby. Die departement van hoër onderwys maak nou planne om die 114 mense – wat heelwat studente en onderwysers insluit – na hul onderskeie provinsies van herkoms terug te neem. Dié proses begin Maandag.

koronavirus
Dr. Blade Nzimande

Met verwysing na die uitdagings wat studente in die gesig staar, het Nzimande gesê sy departement is in gesprek met kolleges en universiteite oor hoe studente aanlyn-kursusse kan doen.

Hy het die saak ook al opgeneem met Stella Ndabani-Abrahams, minister van kommunikasie en tegnologie.“Ons het ook al 'n 'opvang-program' begin opstel vir wanneer die kolleges weer heropen.”

Die minister het ook die versekering gegee dat alle studente wat geregtig is op NSFAS-finansiering dit gedurende die reses sal ontvang. Altesaam 448 038 studente kwalifiseer vir die huidige akademiese jaar vir dié finansierig. Die regering het reeds R4,2 miljard aan tersiêre instellings betaal, het Nzimande gesê.

Meer oor:  Dr. Blade Nzimande  |  Angie Motshekga  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.