Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Matrieks: ‘Lekker’ Engelse kortverhale gevra

Die matrieks het Woensdag landwyd die tweede vraestel van Engels huistaal en Engels eerste addisionele taal geskryf. Leerlinge wat Engels huistaal neem sê hulle is baie bly die “lekker” kortverhale is gevra, en sê hulle het genoeg tyd gehad vir al die vrae. Van dié wat Engels eerste addisionele taal geskryf het sê die poësie het hul opdraande gegee, terwyl die vrae oor die kortverhale billik was.

Rachel Jonker

Rachel Jonker, Engels huistaal

Hoërskool Bonnievale

“Die vraestel was vir my billik. Dit was baie soos wat ons gewoonlik kry. Ek het altyd meer tyd nodig by die meningsvrae, want ek weet nooit regtig wat ek kan skryf om die punte te kry nie. Dit voel vir my partykeer dat dit wat hulle wil hê ek moet skryf, en my interpretasie, verskil. Ek hoop nie hulle merk te streng volgens die memorandum nie. Die kortverhale wat vir my meer opwindend was, is darem gevra.”

Kaithlin Kortjé

Kaithlin Kortjé, Engels huistaal

Hoërskool Bonnievale

“Ek het baie hard geleer aan My Children! My Africa!, ’n toneelstuk van Athol Fugard wat ons as voorgeskrewe werk gedoen het. Ons onderwyser het baie seker gemaak ons ken die werk en het vir ons baie notas uitgedeel. Ek was baie bly om te sien hulle het die twee kortverhale waarvan ek hou, gevra. Ek het genoeg tyd gehad en het sommer nog deur my antwoorde gegaan.”

Abraham Wentzel

Abraham Wentzel, Engels huistaal

Hoërskool Bonnievale

“Die vraestel was vir my eenvoudig. Hulle het van die makliker kortverhale gevra en daar was nie regtig vrae waaroor ek moes kopkrap nie. Die tyd was oorgenoeg sodat ek my antwoorde kon deurgaan. Ek het nie ou vraestelle uitgewerk nie, maar het steeds reggekom daarsonder. Ek dink nie dit was so nodig nie.

Eerste addisionele taal

Sinead Jacobs

Sinead Jacobs, Engels eerste addisionele taal

Hoërskool Brackenfell

“Ek voel die vraestel was definitief op standaard. Ons moes vrae oor die drama beantwoord. Hulle het vrae rakend die hele drama gevra en nie noodwendig net uit die uitreksels wat hulle gegee het nie. Ons moes beslis geweet het wat in die hele drama aangaan.’’

Jacobs sê die kortverhale was makliker as dié wat hulle deur die jaar behandel het. “Die kortverhale deur die jaar was moeilik om te volg en te verstaan. Die stories wat hulle vandag gevra het, was baie interessant. Ek het baie daarvan gehou en kon die storielyne maklik onthou.”

Sanette Olivier
Sanette Olivier

Sanette Olivier, Engels eerste addisionele taal

Hoërskool Brackenfell

“Ek voel die vraestel was billik. Ek was bly oor die kortverhale ‘Next Door’ en ‘The Last Breath’ wat hulle gekies het om te vra. Die vrae was ook duidelik gestel wat dit makliker gemaak het om te beantwoord. Ek voel ook daar was genoeg tyd om die vraestel te voltooi.”

Adèle Mouton

Adèle Mouton, Engels eerste addisionele taal

Hoër Meisieskool Paarl

“Ek het die gedigte moeiliker as die kortverhale gevind, maar in geheel was dit ’n redelike vraestel. Ek het gesukkel om genoeg en verskillende idees te skryf by die langer vrae waar ons eie menings moes gee. Hoewel ek nie ou vraestelle met die literatuur-inhoud kon vind nie, het ons onderwysers vir ons genoeg materiaal gegee om voorbereid vir die eksamen te voel. Ek het genoeg tyd gehad om klaar te skryf.”

Meer oor:  Engels  |  Matriekeksamen2019  |  Matriekeksamen  |  Matriek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.