Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
KYK: Matrieks ‘moes mooi lees’ in lewenswetenskap-vraestel

Vir die matrikulante van die Hoërskool Oosterlig in Boksburg aan die Oos-Rand was daar ’n paar moeilike vrae in Vrydag se eerste lewenswetenskapvraestel.

Rushada Schutte (18) van die Hoërskool Oosterlig in Boksburg het Vrydag die eerste lewenswetenskapvraestel voltooi. Foto: Arisa Janse van Rensburg
Yuanese Botha (18) van die Hoërskool Oosterlig in Boksburg aan die Oos-Rand. Foto: Arisa Janse van Rensburg
Anzél Steyn (18) van die Hoërskool Oosterlig in Boksburg. Foto: Arisa Janse van Rensburg
Llewelyn Marais (18) van die Hoërskool Oosterlig in Boksburg nadat hy Vrydag se eerste eindeksamenvraestel in lewenswetenskap voltooi het. Foto: Arisa Janse van Rensburg
Rochelle van den Berg het Vrydag lewenswetenskap se eerste vraestel geskryf. Foto: Arisa Janse van Rensburg

“Dit was ’n goeie vraestel. Vraag een, twee en drie was maklik, maar daar was ’n vraag oor die oog wat vir my ’n bietjie moeilik was,” sê Rushada Schutte (18).

Yuanese Botha (18) sê dié vraestel was moeiliker as die rekordeksamen.

“Vraag twee se menstruele siklus, waarin hulle ’n grafiek gegee het oor ’n voorbehoedpil, het my ’n bietjie gegooi,” sê sy.

Sy voeg by dat die sketse wel vir haar maklik was.

Vir Anzél Steyn was die vraestel ook moeiliker as die rekordeksamen.

“Vraag een was heel billik, maar ek sou sê van vraag twee af het dit moeiliker geword.”

Anzél Steyn, Yuanese Botha, Llewelyn Marais, Rushada Schutte en Rochelle van den Berg voel baie tuis in die lewenswetenskapklas by die Hoërskool Oosterlig in Boksburg. Hulle het Vrydag hul eerste eindeksamenvraestel in dié vak geskryf. Foto: Arisa Janse van Rensburg
Anzél Steyn, Yuanese Botha, Llewelyn Marais, Rushada Schutte en Rochelle van den Berg gesels oor wat hulle in die lewenswetenskapklas by die Hoërskool Oosterlig geleer het. Hulle het Vrydag hul eerste eindeksamenvraestel in dié vak geskryf. Foto: Arisa Janse van Rensburg

Volgens haar het hulle genoeg tyd gehad om die vraestel te voltooi.

“By sekere vrae, veral die vrae oor die niernefron, moes ’n mens baie mooi lees om seker te maak jy verstaan die vraag,” sê Llewelyn Marais (18).

Hy sê dat die vraestel vir hom billik en makliker as die rekordeksamen was.

Rochelle van den Berg (18) sê dat sy baie op haar senuwees was voor die vraestel.

“Ek het getwyfel in alles wat ek skryf en dit het my ’n bietjie lank gevat om die vraestel te beantwoord,” sê sy. Dit was vir haar steeds makliker as die rekordeksamen.

Die tweede lewenswetenskapvraestel word Maandag geskryf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.