Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Matrieks se winter-hereksamen uitgestel

Die departement van basiese onderwys het die Mei-Junie- hereksamen vir matrieks uitgestel tot November.

Dit het betrekking op die hereksamen vir die gewysigde senior sertifikaat (ou matriek) en die nasionale senior sertifikaat.

Die departement sê in ’n verklaring dit behels meer as 350 000 deeltydse kandidate wat nie aan die slaagvereistes in die 2019- finale eksamen voldoen het nie, asook diegene wat vraestelle wou herskryf om hul punte te verbeter.

Mathanzima Mweli, direkteur-generaal van die departement van basiese onderwys, sê in ’n brief aan die hoofde van provinsiale onderwysdepartemente die staat van inperking het skole ontwrig en gevolglik moet die Mei-Junie-2020-eksamens herskeduleer word.

Hierdie eksamen sou op 4 Mei begin het en op 26 Junie geëindig het.

Die komitee van hoofde van onderwysdepartemente het op 10 April op ’n vergadering besluit dat die Mei-Junie-eksamen nou saam met die November 2020-eksamen sal geskied.

Besonderhede van hierdie saamgestelde eksamen sal binnekort bekend gemaak word, lui die verklaring.

Kandidate sal in kennis gestel word van registrasie, eksamensentrums en tydtafels.

Die departement vra dat kandidate voortgaan met hul voorbereiding. Leer- en hersieningsmateriaal is beskikbaar op die departement se webwerf. Die skakel na die “Second Chance Matric Support Programme” is steeds hier beskikbaar ter ondersteuning van veral diegene wat onafhanklik as deeltydse kandidate studeer.

Meer oor:  Matrieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.