Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Matrieks skryf ‘eerste vraestel’
Matrieks van die Hoër Jongenskool Paarl lê die vraestel vir lewensoriëntering af. Foto: Verskaf

Maandag het 54 741 matrieks landwyd hul finale assessering vir die vak lewensoriëntering (LO) afgelê, wat deur talle as die eerste “eindeksamenvraestel” beskou word.

Dié vraestel se punte tel vir die matrieks se finale eksamenuitslag, alle matrieks moet die vraestel aflê en die meeste skole gebruik dit as ’n toetslopie voor die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen begin.

“Dit was ’n vraestel van twee uur en hulle het Maandag om 09:00 begin skryf,” sê Bronagh Hammond, woordvoerder vir die Wes-Kaapse onderwysdepartement.

Matriekseuns van die Hoër Jongenskool Paarl lê Maandag die vraestel vir lewensoriëntering af.Foto: Verskaf

“Die dag was oor die algemeen ’n sukses en ons is bly oor hoe dinge verloop het.”

Leerlinge van die Hoër Jongenskool Paarl het volgens protokol met maskers aan geskryf en ’n gesonde afstand van mekaar af gesit terwyl hul skryf.

“Hulle was baie tevrede met die vraestel,” sê Willem Erwee, woordvoerder. “Hulle voel die vraestel was heel billik, en baie van hulle kon darem voor die tyd klaarmaak. Rondom die eindeksamen is dit gewoonlik die tydstoelating wat die matrieks bekommer.”

Volgens Hammond moes skole Maandag dieselfde prosedure vir veiligheid en gesondheid volg as vir die NSS-eksamen wat volg. Die meeste matrieks se eindeksamen begin op 5 November wanneer hulle Engels skryf.

Die praktiese eksamens vir rekenaartoepassingstegnologie en inligtingstegnologie vind Woensdag en Donderdag plaas.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.