Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Matrieks worstel nie met geskiedenis

Matrieks wat Woensdag deeglik op die tweede geskiedenisvraestel voorbereid was, sou dit moeiteloos kon beantwoord en selfs dié wat minder voorbereid was, sou die wa deur die drif kon trek.

So sê dr. Pieter Warnich, adjunkdirekteur van die Noordwes-Universiteit (NWU) se skool vir besigheid en sosiale studies in onderwys.

“Die vraestel was billik en daar was geen werklike onaangename verrassings nie.”

Leerlinge aan Grey Kollege in Bloemfontein was Woensdag geskiedenis se baas. Van links is Javahl Balia, Thapelo Merabe en Tebo Matshele.Foto: MLUNGISI LOUW

Dit het vrae oor die Swartbewussynsbeweging, Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK), globalisering, apartheid, demokrasie en die einde van die Koue Oorlog bevat.

Leerlinge moes een van drie brongegronde vrae, een van drie opstelvrae en óf ’n brongegronde óf ’n opstelvraag beantwoord.

Warnich meen albei vraagtipes is duidelik gestel en het verskillende kognitiewe denkvlakke getoets.

Zapiro se spotprent oor die WVK by die tweede vraag het voorheen in ’n eksamenvraestel verskyn, dus sou leerlinge daarmee bekend kon wees, sê hy.

Warnich sê die vyfde vraag (’n opstelvraag) het kandidate toegelaat om met ’n stelling saam te stem of daarvan te verskil. Hier moes leerlinge reageer op die stelling dat Nelson Mandela “eiehandig vir die geboorte van ’n vry en demokratiese Suid-Afrika in 1994 verantwoordelik” was.

Leerlinge aan Grey Kollege in Bloemfontein het egter nie in die verlede verstrengel geraak nie.

Hoewel Javahl Balia die eerste vraestel bo die tweede een verkies, sê hy dit het goed afgeloop.

Die vraestel was nie so moeilik soos verwag nie, aangesien ek oor die nodige insig beskik het en die komplekse vrae kon beantwoord.
Thapelo Merabe

Javahl het nie met enige vrae gesukkel nie, maar beskou egter die opstelvrae makliker as die brongegronde vrae.

“Vir die opstelle leer jy net en dis dieselfde werk – ons herhaal dit elke kwartaal – maar met die brongegronde vrae verander hulle die vrae, so dis moeiliker.”

Tebo Matshele sê weer die tweede vraestel is gewoonlik makliker. Dit is onder meer omdat almal kennis het van apartheid, waaroor dié vraestel hoofsaaklik handel, meen Tebo.

“Ja-nee, die vraestel was wonderlik, net ’n bietjie lank (drie ure).”

Hy sê hy behoort goed te vaar.

“Die vraestel was nie so moeilik soos verwag nie, aangesien ek oor die nodige insig beskik het en die komplekse vrae kon beantwoord,” sê Thapelo Merabe.

Thapelo sê hoewel die opstelvraag oor die einde van die Koue Oorlog ingewikkeld kon wees, het hy dit baasgeraak.

Hy meen die brongegronde vrae was op die man af.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.