Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Matrikulante skryf eksamen in klaskamers ná brand

Die skoolsaal is nou wel deur vlamme vernietig, maar dit het nie matrikulante daarvan weerhou om hul eindeksamen te skryf nie.

“Ons is trots op die feit dat die hoërskool alternatiewe planne in plek gehad en dat die voorval nie die eksamen ontwrig het nie. Selfs ’n brand bring nie dié skool van stryk nie,” het Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, Vrydag aan Netwerk24 gesê.

Mabona het verwys na ’n skoolsaal waarin die matrikulante hul eindeksamen skryf wat Donderdagaand by die Franklin Roosevelt High School in Johannesburg aan die brand geraak het.

“Onderwysers het Donderdagaand vlamme in die skoolsaal gesien, wat hulle toe met brandblussers probeer blus het. Die brandweer is ontbied en die brand is in bedwang gebring. Dit het egter weer opgevlam en na kamers langs die skoolsaal versprei. Eksamenvraestelle is egter nie in die brand, wat later heeltemal geblus is, vernietig nie,” het Mabona gesê.

Matrikulante het Vrydag hul eksamen in klaskamers by die skool afgelê.

Dit is nog nie duidelik hoe die brand ontstaan het nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.